‘n Vrou het vir berading by dr George W Crane ,

‘n Vrou het vir berading by dr George W Crane , ‘n sielkundige, aangekom en erken dat sy haar man haat. Sy was van plan om hom te skei.  “Ek wil hom aandoen al wat ek kan,”  het sy ferm verklaar. “Wel, in daardie geval,” antwoord dr Crane,  “beveel ek aan dat jy hom toegooi met allerhande komplimente .   Sodra jy dan vir hom onmisbaar geword het en hy dink dat jy verknog aan hom is, begin dan met jou skei-aksie.  Dit sal die manier wees om hom goed seer te maak.” Maande later kom die vrou weer daar aan om verslag te doen.  Alles werk deeglik.  Sy het sy raad gevolg. “Nou goed,” sê dr Crane, “nou is die tyd om met die egskeiding te begin.” “Egskeiding!” roep die vrou verontwaardig.  “Nooit!  Ek het my man hartlik lief!”

 

[Bits & Pieces, 22 Augustus 1991]

0:00
0:00