Een Van Die Twaalf

 

Daar’s ‘n pad wat hy gestap het
om te kom tot by verraad.
Deur die kroeg of dobbelhuis? Nee.
Hy was saam met Jesus tuis.
 
Daar’s ‘n pad wat hy geloop het
om te eindig weg van God.
Nie deur nagklub of geweld
maar deur afgodsliefde – geld.
 
Daar’s ‘n pad wat hy gestap het
om te eindig aan ‘n galg.
Deur verharding dag vir dag
Tot die goeie vir jou walg.
 
Naby ver van Jesus.
 
Judas –
jy was een van daardie twaalf.
 
Marike Bruwer –
 
0:00
0:00