EEN LEMOEN WORD TWEE!

F.B. MEYER was op reis oor die Atlantiese oseaan op ’n skip en is toe gevra of hy met die eerste klas passasiers sal praat. Die Kaptein het hom toe gevra of hy nie sal praat oor -Beantwoorde gebed- nie. So gebeur dit toe dat hy met die passasiers daaroor praat. ’n Agnostikus – iemand wat glo dat ons niks oor God of die hiernamaals weet of kan weet nie – is toe deur sy vriende gevra wat hy van die praatjie dink. “ Ek het nie ’n woord van alles wat gesê is geglo nie.”, het hy geantwoord.

Daardie middag het F.B. Meyer gegaan om  die vierde klas passasiers te gaan toespreek. Baie van die passasiers wat die praatjie die oggend bygewoon het, het toe saam gegaan en so het die agnostikus ook gegaan met die antwoord – “Ek wil maar net gaan luister wat die brabbelaar sê.” Voor die byeenkoms het die agnostikus twee lemoene in sy sak geplaas. Hy stap toe na die byeenkoms en oppad soontoe sien hy ’n ou dame op die dek ,in ’n sonstoel ,wat slaap met haar twee hande op haar skoot oop. In die gees van pret plaas hy toe die twee lemoene in haar hande en stap vinnig weg.

Na die byeenkoms sien hy die ou dame wat heerlik smul aan een van die lemoene. “Dit wil voorkom asof u daardie lemoen geniet?” vra hy die dame met ’n glimlag. “Ja meneer, my Vader is goed vir my!” antwoord sy. “ U Vader? Verseker kan u vader nie meer leef nie?” vra hy die ou dame.  “Prys die Here Hy lewe waarlik! Ek is vir die afgelope paar dae seesiek. Ek het die Here gevra vir ’n lemoen maar moes seker aan die slaap geraak het tydens my gebed en toe ek wakker word is daar nie een nie, maar twee lemoene in my hande.

Verseker was die agnostikus spraakloos.

1 PETRUS 3:12  Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.

MATT. 21:22  En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

  

Hierdie is maar net twee bewyse van baie uit die Bybel dat God gebed verhoor. God het gebed vir ons ingestel en gebed is slegs tot God. Alle “gebede” tot iets of iemand buiten God – Vader, Seun en Heilige Gees – is GEEN gebed nie.

Soek God – word stil voor Hom, stort jou hart uit asook aanbid Hom en sien en ervaar dat God jou gebede beantwoord.

GEBED

Here , dankie dat ons as mens die voorreg het om deur die gebed met U te mag praat en dat U ons verhoor! AMEN

0:00
0:00