DR. HELEN ROSAVERE

Helen Rosavere was ’n Engelse dame wat baie graag ’n dokter wou wees. Sy het haar opleiding by Cambridge Universiteit voltooi en toe die Here gevra waar Hy haar wil gebruik. Dit was nie baie lank nie toe sy oortuig is om na ’n gedeelte in  die Kongo in Afrika te gaan wat ’n populasie het van 200 000 mense en geen dokter in die omgewing. Dit beteken dat sy sewe dae ’n week sal werk, altyd op roep, geen tyd af nie en sodra ’n noodgeval ontstaan , moet sy dit hanteer.

Dit was baie gou duidelik dat daar ’n hospitaal benodig word. Dit was ’n groot nood en daar was geen uitweg vir Helen om dit te bou nie. Sy het tot die Here geroep:- “ Here, verseker moet daar een man in Engeland wees wat ’n hospitaal kan bou?” Helen het niks gehoor nie. Sy het ’n brief na haar ouers geskryf om vir haar ’n boek te stuur wat haar kan help hoe om ’n hospitaal te bou. Helen het niks gehoor nie. Later het sy ’n boek gekry van haar ouers wat verduidelik hoe om bakstene te maak. Weer eens het sy tot God geroep:- “Here, verseker moet daar een man in Engeland wees wat hierdie bakstene kan kom maak?” Geen mens het gearriveer nie. Helen het met haar besige skedule begin om bakstene te maak en dit in die droogoond geplaas. Sodra die bakstene droog is, moes die growwe punte geskuur word. Eendag terwyl sy skuur merk sy haar bloed teen die bakstene. Haar hande was stukkend geskuur. Dit is op daardie oomblik dat iemand haar kom roep vir ’n noodgeval. Sy het gegaan en haar hande met ’n staalborsel geskuur. Hulle het alkohol op haar hande gegooi en weer eens het sy in haar siel tot die Here geroep:- “ Here, verseker moet daar een man in Engeland wees wat hierdie bakstene kan kom maak?”  Helen het haar handskoene aangetrek en die operasie voltooi en weer terug gegaan om die bakstene te skuur.

Helen is deur een van die mense genader en hy het met haar begin praat:-              “ Dokter, ons weet dat jy ons lief het en vir ons omgee. Wanneer jy die teater ingaan met jou masker en oorjas om ons gesond te maak dan maak jy ons bang maar wanneer jy weer kom om saam ons te skuur aan die bakstene en net so bloei soos ons, dan weet ons jy is een van ons.”

Helen het vir die eerste keer verstaan waarom daar geen man uit Engeland gekom het om die werk te kom doen nie. God het haar geleer:- “ Helen, ek het jou nie gestuur net om die mense gesond te maak nie, ek het jou gestuur om met hulle vriende te wees sodat hulle My in jou kan sien.”

Helen het verstaan dat God het haar nie geroep om ’n mediese sendeling te wees nie maar God het haar geroep vir Homself.

Kol 3:3  Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in       

               God.

GEBED

Here, ek lewe nie vir myself nie maar vir U. Gee dat ek altyd sal onthou dat ek ‘n sendeling is waar ek beweeg en werk.? AMEN

0:00
0:00