DIE YS-HUIS!
Lank voordat daar vrieskaste was, het die mense ys-huise gehad waarin hulle hul kos gesit het om behoue te bly. Ys-huise het baie dik mure gehad , geen vensters nie en ’n deur wat baie dig gesluit het. In die winter wanneer die strome en rivier ge-ys was, het hulle baie dik blokke uit die ys gekap en dit binne die ys-huis gesit en dan met saagsels bedek. Dikwels is dit gevind dat hierdie ys gehou het tot diep in die somer in.
’n Man het eendag sy duur horlosie in die ys-huis tussen die saagsels verloor. Hy het gesoek maar niks gekry nie. Hy het sy vriende geroep om saam te soek maar ook hulle het niks gekry nie.
’n Klein seuntjie het gehoor dat die man sy horlosie verloor het tussen die saagsels en hy het tydens die etensuur in die ys-huis gegaan en sommer gou met die horlosie navore gekom.
Die man was baie bly en hy wou graag weet hoe die seun dit gekry het. Die seun het vertel dat hy in die huis gegaan het, die deur toegemaak het en toe in die saagsels gaan lê het. Dit was gou-gou dat alles stil was en toe kon hy die horlosie hoor tik.
Vriend/in het jy die hartklop en stem van die Here God gehoor vandag? Ja, vandag – voordat jy die dag se take begin het? Is dit nie so dat jy so gejaag besig is dat jy die Here se stem nie hoor nie?
GEE AANDAG! – DIE KONING VAN DIE KONINGS WIL MET JOU PRAAT!
PSALM 62:6 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
GEBED
My Vader, ek word nou stil voor U om U stem te hoor! My verwagting is van U om my te ondersteun in my nood! AMEN