Die wereld kort manne

DIE WÊRELD KORT MANNE .......

1.     wat nie gekoop kan word nie

2.     wie se woord hulle eer is

3.     wat karakter bo rykdom plaas

4.     wat sy eie wil en opinies het

5.     wat groter is as hul roeping

6.     wat nie huiwer om kanse te vat nie

7.     wat nie hul individualiteit in ’n groep verloor nie

8.     wat eerlik is in die klein aspekte sowel as die grotes

9.     wat nie kompromie maak met die verkeerde

10.                        wie se ambisie nie vassteek by hul eie selfsug nie

11.                        wat nie sal sê dat hulle dit doen omdat almal dit doen nie

12.                        wat opreg is teenoor vriende ten spyte van goeie of slegte gerugte

13.                        wat eerlik verslag kan doen in teenspoed en voorspoed

14.                        wat nie glo dat skranderheid, sluheid en hardkoppigheid is die beste aspekte om sukses te behaal nie

15.                        wat nie skaam of bang is om te staan vir die waarheid wanneer dit onpopulêr is

16.                        wat “nee” kan sê wanneer die res van die wêreld “ja” sê.

                                                                                                                             Uit:- Living above the level of  Mediocrity

Hierdie aspekte kan op almal toegepas word. Daarom, is jy die mens wat strewe om te staan vir wat jy glo, vir jou opvoeding, en die Woord van God?

Dit is so maklik om by die wêreld in te val en sodoende geen konflik te ontvang nie.  Kom! Laat ons met integriteit staan en eendag die “Mooi so!” ontvang?!!

GEBED

Here, U het geleer dat die Waarheid sal jou vry maak! Gee dat ek ten alle tye vir die waarheid sal staan en so U sal verheerlik. AMEN 

0:00
0:00