SKRIFLESING: LUKAS 15:11-32

TEMA: DIE WEG TOT VOLKOME HERSTEL

Wie het al die nare ondervinding van mangelontsteking gehad? Dit is geen aangename ondervinding nie.

Wat is die gevolge van hierdie infeksie in jou liggaam? Dit het n invloed op jou hele liggaam. Jy is buite aksie en lus vir niks omdat jy nie krag het nie.

SKRIFLESING: LUKAS 15:11-32

TEMA: DIE WEG TOT VOLKOME HERSTEL

Wie het al die nare ondervinding van mangelontsteking gehad? Dit is geen aangename ondervinding nie.

Wat is die gevolge van hierdie infeksie in jou liggaam? Dit het n invloed op jou hele liggaam. Jy is buite aksie en lus vir niks omdat jy nie krag het nie.

Baie Kinders van God loop rond met geestelike infeksies wat hulle hele geestelike lewe beinvloed. Hulle het min of geen lus en krag vir geestelike dinge nie.

Die beste van alles is dat hulle nie die waarheid wil hoor of erken nie. Hulle wil nie geestelike hulp soek nie, maar gaan eerder na MENSE toe wat hulle sal sterk in hulle kwaad.

Een klein sonde veroorsaak infeksie wat mense na gees, siel en liggaam kan vergiftig.

SPREUKE 3:5-8

Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.  Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad; dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

WAT HET GEMAAK DAT DIE VERLORE SEUN HERSTEL KON WORD?

Wat is die weg tot volkome herstel? Hoe sal ek hierdie infeksie wat sonde in my veroorsaak uit my kry?

TEKS: SPREUKE 28:13

“Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.”

KOM ONS KYK NA AANLEIDING VAN HIERDIE TEKS IN SPREUKE NA:DIE WEG TOT VOLKOME HERSTEL

Al is dit klein, vergiftig die infeksie VAN ENIGE TIPE SONDE jou hele liggaam.

Die gelykenis van die verlore seun is n voorbeeld van hoe geestelike infeksie begin, en hoe word mens daarvan herstel.

Spr. 28:13 bring al hierdie waarhede na vore en wys vir ons die weg tot volkome herstel.

Net soos wanneer ek infeksie in my liggaam het, daar n prosedure is tot herstel, so is dit ook geestelik. Ek ontdek ek het n probleem, ek gaan dokter toe, hy gee narkose, sny, verwyder, maak toe en……. ek is genees.

Die rede waarom baie reageer op boodskappe en die stem van die Here as die Here praat, maar nie in oorwinning kan lewe nie, is die infeksie van sonde.

As ek mangelontsteking het help die vertroosting van mense niks, is soos salf

Antibiotika is soos n goeie preek, maar help net tydelik

Die mangels moet uit!!

Kyk na ons teks en vind die baie belangrike elemente vir volkome herstel.

Wat is dit wat die infeksie veroorsaak. Hoe word ek genees van hierdie infeksie wat my hele lewe hel maak op aarde?

Daar is sewe elemente in die proses tot volkome herstel.

BEKENDMAKING; BEROU; BELYDENIS; BEKEER; BEVESTIGING; BEGENADIGING; BESLUIT

1)Bekendmaking

SPREUKE 28:13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

Hy wat dit nie “bedek”, MAAR DIT BEKEND MAAK. Daar is die erkentenis van die sonde wat infeksie veroorsaak.

“The greatest sin of them all is to be conscious of none”

“The power of sin, lies in its secrecy”

Wat van jou???

MATTHEUS 10:26

Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

JOB 31:33

as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,

JOB 13:23 

Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.

PSALM 32:5

My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.

 Baie keer wil ons nie dokter toe gaan nie, want ons is bang om die slegte nuus te hoor as die dokter dit bekend maak, en daarom stel ek uit. Mense is bang om eerlik voor God te kom staan. Hulle probeer die sonde toe maak en wegsteek deur:

ontkenning, blameshifting soos Adam,  verklein dit en se “dit is nie so erg” , of dit goedpraat deur te se “almal doen dit”

Kan so persoon se infeksie gestop word? Duisend maal NEE. Dit het nog nooit gebeur nie. Die Skrif se ek moet ander se sonde bedek, en myne ontdek.

1PETRUS 4:8 

Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek.

Dawid het syne bedek totdat Natan hom reghelp, maar kyk wat was die gevolg van die bedek van sy sonde gewees:  

PSALM 32:3,4

Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.

Toe Dawid dit ontdek, en dit bekend maak het hy :

2)       Berou

 SPREUKE 28:13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

MATTHEUS 21:29

En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy berou gekry en gegaan.

“berou” is in Grieks “metemelomai” wat beteken daar is emosie betrokke.

As dit nie voorspoedig gaan nie, is daar emosie:

Bekommerd oor my pad vorentoe

Dit het n negatiewe uitwerking op jou en ander

Die infeksie in my mangels het n uitwerking, en ek is nie voorspoedig nie, dit gaan nie goed nie en dit is ook nie lekker nie!

Het jy al so gevoel na n oortreding? Dit is hier waar mense ween met berou in hulle harte voor die Here, en nie voor mense. Hy voel onwaardig en vuil, en kla oor niks anders as sy sonde nie.

KLAAGLIEDERE 3:39-42 

Wat klaag ‘n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes. Laat ons ons weë na -speur en deursoek en ons tot die HERE bekeer; laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê: Ons het oortree en ons was wederstrewig—U het nie vergewe nie.

Dit bring my by n belangrike element tot herstel.

3)       Belydenis

 SPREUKE 28:13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

Hierdie bely beteken om met berou te erken soos in:

HANDELINGE 19:18

“En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak;”

Die Griekse woord is “homologeo” met “homo” wat saam met is, en “lego” wat ek se, is. Dit dra die gedagte van om saam te stem oor n saak.

Dit is waarvoor die Here wag “Stem saam met MY oor hierdie saak van jou sonde” Dit is wat belydenis beteken, dat ek saamstem dat ek verkeerd is.

Ek stem saam met die dokter dat ek mangelontsteking het.

Kyk na die tollenaar in:

LUKAS 18:13

“En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!”

Hierdie belydenis moet reg gedoen word.

a)     Soms saam met God alleen – Niemand weet van dit as jy en die Here

b)    Soms saam met mense – Jy het hom benadeel

c)     Soms saam in die openbaar – teenoor mense

Om dit te doen bring my by die belangrike element:

4)      Bekeer

 SPREUKE 28:13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

Dit bring n verandering in my gedagtes as ons kyk na die oorspronklike woord “… metanoeo…” wat die gedagte het van die besluit om te verander, en my rug op dit te draai.

JESAJA 55:7,8 

Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE.

Kom dit in jou gedagtes om so besluit te neem?

JEREMIA 4:1

 “As jy jou bekeer, Israel, spreek die HERE, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie.”

 Ek le op die operasietafel en het besluit dit is nou genoeg, ek wil nou gesond word, haal uit! En ek het die vertroue alles gaan nou verander. Die gif is uit.

Wat gebeur as jy wakker word?

5)      Bevestiging

 SPREUKE 28:13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

As die gif uit is kan ek nie meer dieselfde wees nie. Barmhartigheid beteken om meegevoel met iemand te he in ongelukkige omstandighede, en dit te verander. Dit is wat die Here doen met die infeksie, net soos die dokter.

Die Here weet wat sonde aan mense doen

Hy verander my deur barmhartigheid.

Ek was in die hande van die groot Geneesheer wat die werk gedoen het. Die Here bevestig wat Hy in my doen

PSALM 7:10,11

 Laat tog die boosheid van die goddelose mense ‘n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God! My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.

JEREMIA 31:34 

En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

ESEGIEL 36:25-27 

“Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.”

 Ek is nie volkome herstel as ek moet raai of ek vry is nie.

1 PETRUS 5:10

“En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!” JUDAS 1:24  “Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,”

Wat gebeur as ek barmhartigheid gevind het?

6)      Begenadiging

 SPREUKE 28:13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

Dit maak van my n voorbeeld aan ander, van die genade van die Here. Om barmhartigheid te vind.

EFESIERS 1:6 

“tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig (voorbeelde van Sy genade gemaak)het in die Geliefde. In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,”

Ek loop rond as n voorbeeld van Sy genade

As ek herstel word, is dit net genade

Genade beteken dat ek kry nie wat ek verdien nie. – Straf

Barmhartigheid beteken ek kry wat ek nie verdien nie – Vergifnis

Mense sien die genadige hand van God oor my want ek is volkome herstel.

Die weg tot volkome herstellaastens:

7)      Besluit

SPREUKE 28:14

“Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val.”

Hierdie vrees maak dat ek die besluit neem om dit nooit weer toe te laat nie.

Na die operasie is ek gesond. Die letsels vertel my alles en ek besluit ek wil nie weer letsels opdoen nie.

Na die operasie is daar sekere voorskrifte en medikasie. Nie soos ek wat drie dae na my operasie gaan Babers vang het in die reen by Roodeplaatdam nie. Ek het by die dood om gedraai omdat ek nie na die operasie die instruksies nagevolg het nie.

Ek neem besluite om nie weer in so toestand te val nie, want ek behoort aan Hom wat Sy lewe vir my gegee het om verlos en herstel te word.

1 KORINTHIERS 6:18-20

 “Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”

Volkome herstel lei tot n wonderlike oorwinningslewe

Wat maak dat jy so traag is om die Here te dien?

Is daar infeksie deur sonde?

Moet ek al die sondes opnoem en dan vir jou se soos Natan vir Dawid “Jy is die man”

Sonde teen die Here: Steel Sy geld, tyd, gebruik Sy Naam ydelik, onteer Sy dag

Sonde teen mense – Bedrieg, lieg en haat jou naaste

Is jy gelukkig met die infeksie wat dit veroorsaak en jou hele lewe beinvloed:

Waarom anders is jy Geestelik lou en onbetrokke

Waarom is Sielkundig emosioneel gebreek

Het dit nie ook Liggaamlik n invloed

WAAROM HET JESUS AAN DIE KRUIS GESTERF AS JY NIE OORWINNING KRY NIE

WAAROM WIL JY BLY LEEF MET DIE INFEKSIE AS JESUS SO WREED MOES STERF?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00