Die Verhaal van Jackie.

Jackie was gebore en groot geword in Keetmanshoop. Sy kinderjare was vir hom baie ongelukkig. Sy ouers was drinkers en het op die dansbane geboer en nie veel aandag aan hom geskenk nie.

In sy eensaamheid, het hy baie rondgedwaal in die strate van sy dorp en ook nie veel maters gehad nie.

Op ‘n keer reël die predikant van die dorp ‘n naweek jeugkamp en nooi hy Jackie om ook die kamp by te woon. Daardie Saterdag middag neem hy Jackie saam met hom ‘n entjie van die kampterrein om ‘n persoonlike gesprek met hom te voer. In daardie droë sandsloot maak die kind sy hart oop voor die predikant en moes hy die hartseer verhaal hoor van ‘n liefdelose opvoeding wat die kind ontvang het.

Albei ouers het gewerk en baie keer eers laatnag by die huis gekom na hulle eers ‘n draai in die kroeg gemaak het. Saterdagaande kon hulle nie wag om weg te kom na die danssaal om eers in die vroeë Sondagoggende by die huis aan te kom en lê hulle moeg en kopseer Sondae laat in die bed en neem hulle hul kind nooit kerk toe nie. Partymaal het Jackie maar alleen kerk toe gegaan, net om iets te kon doen om die dag om te kry.

Ds. van Zyl praat toe met Jackie gepraat oor hoe lief die Here Jesus hom het en lei hom daardie middag op 13 jarige ouderdom na die Heiland toe. Baie getrou het Jackie die kerk en Sondagskool bygewoon maar later in die jaar het hy begin om minder te gaan.

Met die daarop volgende jaar se jeugkamp vra Ds. van Zyl vir hom hoe dit met hom gaan. “Nie goed nie dominee”, was sy geskokte antwoord.

‘n Paar weke na die kamp besluit Jackie om duim te ry na Mariental om sy oupa en ouma te besoek. Omdat hy nog jonk was het ‘n motor hom gou opgelaai en nie ver buite Keetmanshoop maak die motor ‘n ongeluk en Jackie sterf in daardie ongeluk.

In Jackie se hempsak kry Ds. van Zyl hierdie boodskap en lees hy dit voor met sy begrafnis:

Psalm 23.

Die wynbottel is my herder,

Alles sal my ontbreek.

Hy laat my neerlê in slote van smarte,

Waar moeilikheid is lei hy my heen.

Hy verwoes my siel,

Hy lei my in die spore van ongeregtigheid om sy welustigheid.

Al gaan ek ook in ‘n daal van groot armoede,

Dan sal ek geen raad neem nie,

Want my drank bly by my,

Dir skop en stamp en pynig my.

Drank berei ‘n leë tafel vir my en my gesin,

My bekeer van pyn loop oor.

Net skande en ellende sal my volg al die dae van my lewe,

En ek sal bly in die huis wat verwoes is tot in lengte van dae.

Ja, Jackie is dood. Maar sy vader en moeder leef nog en ons kan vir hulle bid om ook by die Here Jesus uit te kom.

Maar sê vir my, geliefde ouers: Hoe  gaan dit met jou kinders? Is u ‘n voorbeeld wat jou kinders kan navolg? Wat het geword van u doop belofte of was dit maar net ‘n gewoonte by u? Net u ken hierdie antwoorde. Maar weet verseker: “God gaan u kind se siel van u hande af eis!!            OORSPRONG

0:00
0:00