DIE SEWE KLIPPIES.
Die sewe klippies in jou sak
Het die Here vir jou ingepak
Sodat jy ene weg kan gooi
Vir elke tiende jaar voltooi
Eerste klippie, geen probleem
Dié spel sal donkiejare neem
Dink ons in ydel kinderwaan
Die lewe gaan vir ewig aan
Op twintig waai die tweede klip
Yl van snor en vurig van lip
Windmakerder kan jy nie kry
Wat ek wil, skuld die wêreld my
Klippie drie, dié laat jou dink
Vir dertig jaar het jy rinkink
Vier sewendes is daar nou oor
Om op te maak vir tyd verloor
As uit jou hand die vierde val
Dan vlek die gryse jou slape al
En dit wat in die sak oorbly
Te min om als gedoen te kry
Dan kom jy by halwe honderd
Die tyd gallop, jy staan verwonderd
En na die bult-op lewenspad
Beginne jy die afdraand vat
Voorlaaste klippie nommer ses
Glip uit die sak voor jy sê mes
Dié wat gewerk het vir ‘n baas
Kry sy persent en groet vir laas
O wee, o wee, nou klippie sewe
Skriftuurlik het jy klaar gelewe
Daar kom nou veel genade kort
Vir dié wat dalk wil tagtig word
Daar is natuurlik taai kalante
Jy sien hul soms in die koerante
Wat net nie wil die emmer skop
En eers na honderd om sal dop
Of jy nou tot vervelens lewe
Of tata sê hier rondom sewe
By watter klip jy ook al stop
                             Gaan sal ons, die tyd raak op             DIGTER ONBEKEND.
En ek voeg by:- Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Nou is die grote vraag
                                     Is Jesus in jou lewens jaag
                                     Is Hy beheerder van jou hart
                                     Of lewe jy verhard
                                     Wanneer sal jy na Jesus kom
                                     Die tyd stap aan – Waarom
                                     Kom nou en lewe vir altyd
                                     Anders is jy ’n lig gewig, maar sonder tydÂ
                                               Sal jy nie dan die wee oordink
                                     Die dood is een tree en jy sink
                                     Christus het alles oorwin
                                     Selfs die dood maak nie meer sin
                                     O Here, dankie vir sewe klippies
                                               Dat ek kon hoor en ek kon kies
                                     Die ewigheid is my gegee
                                     Om Christus te verheerlik in