DIE REGTE FOKUS!

Nathaniel Hawthorne vertel ’n kort storie om vir ons te illustreer dat ons die regte  fokus moet behou.

Die storie se titel is “ DIE GROOT STEEN GESIG ”. Dit gaan oor ’n man met die naam Ernest wat opgegroei het in ’n klein dorpie wat bekend was vir die pragtige natuur wonders net buite die dorp.  Die natuur het teen die kant van die berg die klip en rotse so uit gekerf dat dit lyk soos die gesig van ’n man. Die gesig van die man het op ’n afstand as werklik voorgekom. Die oë , ore , neus en mond was duidelik sigbaar en die voorkoms van die gesig sag en liefdevol.

Ernest , soos al die kinders van die dorp, is die storie vertel dat daar ’n kind gebore sal word wat net soos die steen gesig sal lyk. Ernest het sy hande geklap en gesê dat hy graag sal wil leef om die persoon te sien. Ernest het ouer geword en nooit die verhaal vergeet wat hy by moeders-knie geleer het nie. Soos hy ouer geword het, het hy die gesig meer en meer bestudeer en soms lank voor die gesig gesit en dink. Hy het baie daaroor gepraat, baie stories daaroor gelees en baie tyd spandeer om die Steen Gesig te bedink.

Baie jare het verby gegaan en in die jare het daar mense gekom wat gesê het dat hulle is die werklikheid van die Steen Gesig. Ernest het na hulle geluister en dan besef dat hulle leuenaars is. Hy het hulle verwerp en die mense het Ernest geglo omdat hy soveel studie oor die gesig gedoen het.

Ernest was baie oud en ’n digter het hom kom besoek. Hulle het oor die gesig gesels en die digter het hom verwonder oor die kennis van Ernest oor die Steen Gesig. Elke aand het die dorp en ook mense van naby geleë dorpies gekom om , terwyl die son sak, te luister na Ernest. Sy woorde het krag gedra want Ernest het uit sy hart gepraat en oor dit waarop hy sy hele lewe lank fokus. Terwyl die digter die aand staan en luister na Ernest se pragtige woorde, het hy besef dat Ernest het die voorkoms van die gesig, so sag en liefdevol. Die digter het sy hande in die lug gegooi en uitgeroep:- “Kyk! Kyk! Ernest het dieselfde gesig as die van die Steen Gesig!”.  Die mense het gekyk en waarlik Ernest se gesig was dieselfde as die Steen Gesig – die profesie het waar geword. Ernest het geword soos sy idiaal was.

Hawthorne se storie verduidelik die waarheid:-

WAT JOU AANDAG TREK , VANG JOU!

Waarmee is jy daagliks besig? Waarvan is jou kop vol? Wat bedink jy die hele tyd? Agter wat hardloop jy daagliks/ jou lewe lank?

KOL. 3:1  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

:2  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

GEBED

My Vader, daar is so baie dinge wat my aandag vra en trek, maar ek wil bedink, dit wat U welbehaaglik is. AMEN 

0:00
0:00