DIE LIGGAAMSBOUER.
Baie jare gelede was ’n liggaamsbouer ’n gas op ’n TV program. Hy het ingestap en die mense het gejuig en geskreeu terwyl hy sy spiere en pragtige liggaamsbou vir hulle wys.
Die eerste vraag wat die programleier gevra het was:- “Waarvoor gebruik jy al die spiere?” Sonder om te aarsel het hy opgestaan en weet sy armspiere en beenspiere en maagspiere vir die mense gewys. Die mense het geskreeu en gefluit en gejuig. Nadat hy gaan sit het , het die programleier weer die vraag gevra:- “Waarvoor gebruik jy al die spiere?” En weereens het hy sy bultende spiere vir die gehoor gewys wat weereens gejuig het.
Die programleier het toe vir die derde keer gevra:- “Waarvoor gebruik jy al die spiere?” Die liggaamsbouer het net bly sit met geen antwoord.
Die man het al die spierkrag gehad maar sy spierkrag het geen doel gehad behalwe as om net vir die mense ’n vertoning te gee.
Hoeveel kinders van God is nie soos hierdie man nie?
Daar word getuig van redding en ’n ontmoeting met God maar daar is geen krag van die Heilige Gees nie! Al wat vertoon word is die uiterlike.
Indien vervul is met God se Gees en onder Sy leiding beweeg word, dan:-
1. SAL DAAR KRAG WEES VIR GETUIENIS. HAND. 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. God verwag dit van een en elk van Sy kinders. Is jy besig daarmee?
2. SAL DAAR KRAG WEES OM HEILIG TE LEWE. Hier is die geleentheid om heilig in jou wandel en handel op te tree. Hier sal jy besig wees om die Here te dien soos Hy dit van jou verwag asook om te doen soos Hy dit verlang. Dit is hierdie krag wat ons daagliks verander en instaatstel om te wees wat God verlang.
Kind van God – dink mooi en beantwoord die volgende eerlik voor die Here:-
LEEF JY VOLUIT WAT JY WEET VAN DIE WOORD VAN GOD?
Of – wys jy maar net elke dag jou spiere maar daar is geen krag nie?
GEBED
Here, ek onderneem om te lewe dit wat U my leer en wat ek weet. AMEN