DIE KRISTAL VAAS.
Daar was eendag ’n vrou wat by haar tannie gebly het. Haar tannie het as geskenk ’n pragtige, besonderse en skaars kristal vaas ontvang wat handgemaak is deur ’n vernuftige ambagsman. Hierdie geskenk was vir die tannie so wonderlik dat sy dit nie gebruik het nie, maar toegedraai weg gepak het slegs met die wete dat sy dit besit.
Dit het toe gekom dat hierdie tannie wat die vaas besit weg gegaan het met vakansie. Die vrou wat by haar woon het die hele huis skoon gemaak en hierdie vaas ontdek. Sy het niks geweet van antieke kristal nie en gedink dat die vaas was ver te mooi om in ’n kartondoos weg gepak te lê. Sy het die vaas skoon gemaak en dit met kleurvolle blomme elke dag gevul en in die venster geplaas, sodat almal dit kon sien. Die verbygangers was verbaas oor die pragtige vaas wat hulle elke dag kon aanskou en die vrou het ook gedink dat sy het vir die mense ’n geskenk gegee waarna almal kon kyk elke dag.
Die tyd het verby gegaan en die tannie het van haar vakansie terug gekeer en was hewig onsteld om haar vaas vol blomme in die vensterbank te sien. “ Kan jy nie verstaan nie, ek bewaar die vaas en steek dit weg omdat dit so kosbaar en onbetaalbaar duur is?”
Die vrou het gesê:- “ Ek het dit gebruik omdat dit te kosbaar is om weg gebêre te word!”
So is dit met die onbetaalbare gawe van geloof. Vir sommige is dit nie genoeg om slegs te weet dat hulle geloof in Christus het nie. Hulle wil dit elke dag met ander mense deel. Daarom is elke goeie werk en elke getuienis ’n refleksie van God se liefde wat op hulle skyn.
Is jy besig om jou geloof toe te draai en te bewaar of is jy besig om dit met die res van die wêreld te deel?
JAKOBUS 2:26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
GEBED
Here, elke dag sal ek my geloof met mense deel wat oor my pad kom omdat dit so kosbaar is vir my asook vir hulle. AMEN