DIE KLOK WAT AANHOUDEND LUI!

Corrie ten Boom tesame met haar suster en vader is na Ravensbruck – Nazi konsentrasie kamp – gestuur.

Corrie se vader en suster het daar in die kamp gesterf maar sy is ontslaan as gevolg van ’n klerikale fout.

Corrie ten Boom het vergifnis vergelyk met:-  om die tou van ’n klok te los.

Ek is seker jy het al die klokke – veral in kerktorings – gesien wat met ’n tou gelui word. Nou om die klok gelui te kry moet jy die tou trek en dan eers na ’n paar harde trekke begin die klok lui. Indien die klok begin lui dan behou dit vir ’n tyd die momentum.  Solank as jy die tou trek – bly die klok lui.

Vergifnis is om die tou te los! MAAR as jy die tou los bly die klok lui! Momentum is nog besig om te werk. MAAR as jy jou hande van die tou hou sal die klok met tyd stadiger lui totdat dit stop.

Vergifnis is ook so! Indien jy besluit om te vergewe , kom die ou gevoelens nog terug – gevoelens van onvergewingsgesindheid. Ja hierdie gevoelens het BAIE momentum. MAAR indien jy by jou besluit bly om te vergewe sal die gevoelens verby gaan.

Vergifnis is om die tou te los!!

MATT. 6:12 “en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars

                        vergewe;”

MATT. 6:14 “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle  

                         hemelse Vader julle ook vergewe.”

MATT. 6:15 “Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal

                         julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.”

Vandag besef ek jy sit met hierdie gevoelens in jou lewe! Hierdie saak maak jou hart stukkend en week en jy sukkel al hoelank om oor dit te kom!?  Jy redeneer dat ek wat die dagstuk skryf NIE weet waardeur jy gaan NIE! Ja, dit is so MAAR God weet! Nou is daar iets te groot vir God? Het jy al besef dat hierdie doodloop straat van jou lewe , dat God dit in ‘n hoofweg kan verander?

MATT. 19:26 “Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense

2.

                           is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.”

Sien dit in JOU geestesoog dat Jesus vandag na JOU kyk en vir JOU sê dat by Hom is alles moontlik!

Die Here vra dat jy vandag nou daar voor die rekenaar hierdie tou sal los en God sal toelaat om die klok se klanke te stop. Sal jy? Moenie wegskram nie – doen dit nou!?

GEBED.

Here baie dankie dat ek nou voor u mag buig. U ken my lewe. U weet van my onvergewingsgesindheid en hoelank ek dit nou al in my lewe het. Here ek los vandag die tou en ek vergewe hom/haar vir dit wat hulle aan my gedoen het. My Vader vergewe nou vir my ook en reinig my met U bloed? Baie dankie dat ek hierdie saak as afgehandel kan beskou en vry kan lewe met God se hoofweg voor my! AMEN.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00