TEMA:DIE BOTTEL BY DIE KRUIS
TEKS : LUKAS 15:23
“TOE GEE HULLE HOM WYN MET MIRRE GEMENG OM TE DRINK, MAAR HY HET
DIT NIE GENEEM NIE.”
TEMA: DIE BOTTEL BY DIE KRUIS
Video Deel 1 en 2 ( Kliek Prent 1 of 2 onder)
TEKS : LUKAS 15:23
“TOE GEE HULLE HOM WYN MET MIRRE GEMENG OM TE DRINK, MAAR HY HET
DIT NIE GENEEM NIE.”TERWYL JESUS AAN DIE KRUIS HANG BIED HULLE HOM WYN AAN OM SY PYN DEUR ALKOHOL TE VERDOOF. DIE VRAAG IS, HET HY DIT GEDRINK?
DIE BOODSKAP GAAN OOR: “DIE BOTTEL BY DIE KRUIS”
BY DIE KRUIS SAL NIEMAND ALKOHOL VERSKOON EN GOED KAN PRAAT NIE. AS EK KNIEL BY DIE KRUIS HET EK NIE ALKOHOL NODIG VIR MY PYN, STRESS, EN SOSIALE LEWE NIE, EN SAL EK NIE ALKOHOL HOEF TE VERDEDIG NIE.
IN GEORGE HET N MEDIESE DR WAT OP WILDERNIS GEBLY HET LIDMAAT GEWORD VAN DIE GEMEENTE (HY WAS N GEREHABILITEERDE ALKOHOLIS) HY HET EEN AAND OP DIE STRAND GAAN LOOP EN HENGELAARS MET MEKAAR HOOR PRAAT WAT SE “DAARDIE *#>& SE DOMINEE (VERWYSENDE NA MY) HET BYNA SY HELE GEMEENTE AL VAN DIE DRANK AF” VIR MY WAS DIT N GEWELDIGE KOMPLIMENT GEWEES.
ALKOHOL WORD GOED GEPRAAT T.S.V. AL DIE GROOT HARTSEER WAT DIT IN DIE SAMELEWING VEROORSAAK.
MY GEBED IS DAT DIE HERE MET HIERDIE BOODSKAP:
1) MENSE SONDER N PROBLEEM SAL OORTUIG VAN SONDE
2) MENSE MET N DRANK PROBLEEM SAL VERLOS VAN DIE SONDE ASOOK DIE SIEKTE WAT MET DIT GEPAARD GAAN.
KAN ONS MET DIE BOTTEL LANGS DIE KRUIS STAAN SONDER DAT DIE HEILIGE GEES ONS OORTUIG DAT DIT VERKEERD IS? VERDRA MY AS EK MET EERLIKHEID EN OORTUIGING IN MY GEMOED JOU WIL LEER OOR HIERDIE SAAK.
KYK IN HIERDIE BOODSKAP MET N OOP GEMOED NA WAT DIE HERE MY GELEER HET:
EK PRAAT MET MENSE WAT KINDERS VAN GOD IS, NIE ONGEREDDES NIE. HULLE SAL DIT NIE VERSTAAN NIE.
1) DIE BYBELSE ARGUMENTE WAT MENSE PROBEER AANVOER DAT DIE KIND VAN GOD MAAR KAN DRINK.
A) JESUS HET ALKOHOLIESE WYN GEMAAK. .JOHANNES HFST 2
GAAN BESTUDEER DIE AGTERGROND VAN DIE GEBEURE, EN VRA EERLIK “HET JESUS ALKOHOLIESE WYN GEMAAK, OF WAS DIT SUIWER DRUIWESAP WAT OOK DIE WOORD “OINOS” IS WAT MET DIE WOORD WYN VERTAAL IS?” SOU HY IETS MAAK WAT MENSE SE LEWENS VERWOES? AS EK SE “JA” DAN GRENS DIT AAN LASTER!!!
AS JY EERLIK IS MET JOUSELF, EN KYK NA WIE JESUS WAS EN WAARVOOR HY AARDE TOE GEKOM HET, SOU HY DIT MAAK?
DAAR IS N PAAR FEITE WAARNA ONS MOET KYK OOR HIERDIE SAAK VOORDAT JY VINNIG N SINVOLLE GEVOLGTREKKING KAN MAAK.
JOHANNES 2:10 PRAAT VAN “GOEIE EN SLEGTE WYN” DIE GOEIE WYN WAS DIE SUIWERSTE DRUIWESAP WAT NOG NIE LANK GESTAAN HET NIE. DIE SLEGTE WYN WAS DIE WAT LANK GESTAAN HET EN AL BEGIN SUUR RAAK HET. JY KON DIE VERSKIL DUIDELIK PROE.
DAAR IS VERSKILLENDE WOORDE VIR WYN IN DIE OU TESTAMENT WAT DIT MAKLIKER MAAK OM TE ONDERSKEI OF DIT ALKOHOLIES IS AL DAN NIE. IN DIE NUWE TESTAMENT IS DIT DIE WOORD “OINOS”, EN DIE KONTEKS WAARIN DIT GEBRUIK WORD BEPAAL OF DIT ALKOHOLIES IS OF NIE. AS EK DIE WOORD “WYN” DUS LEES, KAN EK NIE DADELIK SE DIT IS ALKOHOLIES OF NIE ALKOHOLIES. ONTLEED EERS DIE KONTEKS WAARIN DIT GESKRYF IS.
DIE VOLGENDE VRAAG WAT EK MOET VRA IS, HOE LANK HET DIE BRUILOF AANGEHOU? IN DIE BYBELSE TYD WAS DIT NIE NET EEN DAG SOOS BY ONS NIE. :10 SE HULLE HET AL NA AL DIE DAE “GOED GEDRINK”. AS DIT ALKOHOLIES WAS, EN HULLE HET AL GOED GEDRINK, WAS HULLE AL STERK ONDER DIE INVLOED VAN ALKOHOL. HOE LYK HULLE NOU? SOU JESUS VIR MENSE ONDER DIE INVLOED NOG SO BAIE DRANK GEE SOOS WAT HY GEMAAK HET?
EK VRA OOK MAAR NET, HET JESUS DAN VERGEET VAN WAT DAAR STAAN IN IN DIE WOORD:
HABBAKUK 2:15
“WEE HOM WAT AAN SY NAASTE DRANK GEE, WAT JOU GIF DAARMEE MENG, EN HULLE OOK DRONK MAAK OM HULLE NAAKTHEID TE AANSKOU.”
SOU JESUS WYN MAAK AS DIE OU TESTAMENT SE “WEE HOM”
HIERDIE WAS SY EERSTE WONDERWERK. AS HY WYN GEMAAK HET, SOU HY OU WYN MAAK? NUWE WYN IS DIE SUIWERSTE DRUIWESAP! WAT DOEN JESUS “KYK EK MAAK ALLES NUUT” SE HY IN OPENBARING 21:5. HOEKOM SOU HY OU WYN GEE? NET OM JOU ARGUMENT EN VERSKONING OM TE DRINK TEVREDE TE STEL? NOOIT!
DIE VOLGENDE ARGUMENT IS NOG ERGER:
B) JESUS SELF HET ALKOHOL GEBRUIK.
LUKAS 7:34
“DIE SEUN VAN DIE MENS HET GEKOM EN HY EET EN DRINK, EN JULLE SÊ: DAAR IS ‘N MENS WAT ‘N VRAAT EN ‘N WYNSUIPER IS, ‘N VRIEND VAN TOLLENAARS EN SONDAARS.”
HIERDIE ARGUMENT LAAT MY HARE RYS. DAARDEUR MOET EK SE “JESUS IS N WYNSUIPER SAAM MET DIE SONDAARS”
LEES DIE WOORD. HY HET DIE AMP VAN KONING, PRIESTER PROFEET GEHAD, EN AS JY DIE BYBEL REG LEES, LEES DAN JES.28:7; SPR.31:4,5; LEV.10:9; MAT.15:57 . NOU SAL JY ONTDEK DAT DIE WARE PRIESTER, PROFEET EN KONING HET “GEEN” WYN GEDRINK NIE.
HY WAS GROTER AS JOHANNES, EN JOHANNES HET NIE WYN GEDRINK NIE – GAAN LEES WEER LUKAS 1:15.
KYK WAT SKRYF PETRUS VAN JESUS. HY WAS 3 JAAR SAAM MET JESUS OP AARDE.
1PETRUS 2:22
“HY WAT GEEN SONDE GEDOEN HET NIE, EN IN WIE SE MOND GEEN BEDROG GEVIND IS NIE;” AS JESUS WEL SAAM MET HULLE GEDRINK HET, HET HY GESONDIG!
KOM ONS KYK WEER NA TOE JESUS AAN DIE KRUIS HANG?
MARKUS 15:23
“TOE GEE HULLE HOM WYN MET MIRRE GEMENG OM TE DRINK, MAAR HY HET DIT NIE GENEEM NIE.” LUK 1:15 “EN WYN EN STERK DRANK SAL HY NOOIT DRINK NIE, EN HY SAL VERVUL WORD MET DIE HEILIGE GEES REEDS VAN DIE SKOOT VAN SY MOEDER AF.”
JOHANNES HET NIKS GEDRINK NIE, SOU JESUS? DAAROM KAN EK EN JY MET VRYMOEDIGHEID AANVAAR DAT JESUS NOOIT N DRUPPEL ALKOHOL OOR SY LIPPE GEHAD HET NIE—PASOP WAT JY SE!!!
DIE VOLGENDE ARGUMENT WAARNA ONS KYK:
C) PAULUS HET ALKOHOLIESE WYN AANBEVEEL.
1TIM. 5:23 “
MOENIE LANGER WATER ALLEEN DRINK NIE, MAAR GEBRUIK ‘N BIETJIE WYN TER WILLE VAN JOU MAAG EN JOU HERHAALDE ONGESTELDHEDE.”
LUISTER NOU BAIE MOOI WAARVOOR EN HOE MOES DIE JONG PREDIKER TIMOTHEUS HIERDIE WYN GEBRUIK.
SAAM MET WATER – VERDUN
NET N BIETJIE DAARVAN- NIE N GLAS OF BOTTEL VOL?
AS MEDIKASIE – WAT NIE LEKKER WAS NIE
DIE OU WYN HET SOMS BAIE STERK GEWORD, EN IS DAN MET WATER VERDUN. DAAR WAS OOK SOMS DIE DIK STROOP (AFSAKSELS) WAT VERDUN WAS MET WATER. DIT WAS BAIE “SLEG” OMDAT DAAR 3-7 DELE WATER MET EEN DEEL WYN GEMENG IS. DIT VAT DAN OOK DIE ALKOHOL UIT AS DAAR ALKOHOL IN WAS.
MOENIE TE VEEL DAARVAN DRINK NIE SE PAULUS. DIT WAS VIR DIE MAAG A.G.V DIE WATER WAT HULLE MAAG OMGEKRAP HET.
NOU VRA ONS “SAL PAULUS VIR HOM LISENSIE GEE OM TE DRINK, EN OOK AAN DIE ANDER KANT AAN HOM SKRYF DAT OPSIENERS NIE MOET DRINK NIE?
1TIMOTHEUS. 3:2,3
“ ‘N OPSIENER DAN MOET ONBERISPELIK WEES,…., NUGTER, INGETOË, FATSOENLIK, GASVRY, BEKWAAM OM TE ONDERRIG;:3 GEEN DRINKER, GEEN VEGTER, GEEN VUILGEWINSOEKER NIE……
PAULUS KEN DIE OU TESTAMENTIESE GEBRUIKE UIT SY KOP EN HY HET GEWEET WYN WAS AS N OFFER UITGEGIET ,EN NIE OM TE DRINK NIE.
NUMERI 28:7
“EN DIE DRANKOFFER WAT DAARBY BEHOORT, MOET WEES ‘N KWART-HIN VIR ELKE LAM. IN DIE HEILIGDOM MOET JY DIE DRANKOFFER VAN STERK DRANK AAN DIE HERE UITGIET.”
HIERDIE WYN WAS OOK MEDISINAAL GEBRUIK OM MENSE SE PYN TE VERDOOF
SPREUKE. 31:6
“GEE STERK DRANK AAN HOM WAT WIL ONDERGAAN, EN WYN AAN DIE WAT BITTER BEDROEF IS.”
LUKAS 10:34
“EN NA HOM GEGAAN, SY WONDE VERBIND EN OLIE EN WYN DAAROP GEGOOI. HY HET HOM TOE OP SY EIE PAKDIER GEHELP EN HOM NA ‘N HERBERG GENEEM EN VIR HOM GESORG.”
IEMAND WAT ALKOHOL GOEDPRAAT,LUISTER MOOI!!MATTHEUS 18:6,7
“MAAR ELKEEN WAT EEN VAN HIERDIE KLEINTJIES WAT IN MY GLO, LAAT STRUIKEL, DIT IS VIR HOM BETER DAT ‘N MEULSTEEN AAN SY NEK GEHANG WORD EN HY WEGSINK INIE DIEPTE VAN DIE SEE. WEE DIE WÊRELD WEENS DIE STRUIKELBLOKKE! WANT DIT IS NOODSAAKLIK DAT DAAR STRUIKELBLOKKE KOM, MAAR WEE DIE MENS DEUR WIE DIE STRUIKELBLOK KOM.”
ROMEINE 14:13
“BESLUIT DÍT LIEWER, OM NIE DIE BROEDER ‘N HINDERNIS OF STRUIKELBLOK IN DIE WEG TE LÊ NIE.”
MENSE GEBRUIK DIE BYBEL AS ARGUMENT, OM HULLE EIE BEGEERTES TE VERVUL- LUISTER NOU NA:
2) DIE HEDENDAAGSE ARGUMENTE WAT VIR ONS LIG GEE.
A) KYK NA DIE STATISTIEKE
DAAR IS 627 WAARSKUWINGS IN BYBEL DAARTEEN. HOEKOM IS DIT DAAR? SAL DIE HERE DIE MENS WAARSKU, EN DAN SE “GEBRUIK DIT MATIG” DIT SAL DAN MOS BETEKEN DAT HY SE “SONDIG NET MATIG”
AA SE STATISTIEKE BEWYS DAT S.A DIE GROOTSTE DRONKNES IS – 34% STERFTES IS ALKOHOL VERWANT. HOE ANDERS KON DIT WEES SONDER DRANK?
37% IN S.A IS VERSLAAF AAN DRANK. WAAR HET DIT BEGIN?
ALKOHOL IS DIE 3DE GROOTSTE MOORDENAAR. SLEGS 3% ALKOLISTE STERF NUGTER, JA DIE MEESTE ONDER DIE INVLOED HUL LAASTE URE.
DAAR IS BEWYS DAT 11% UIT 4000 SKOLIERE DRINK, WAARVAN 53 REEDS ALKOLISTE IS. WAAR HET HULLE DIT GELEER?
IN 1997 WAS DAAR 12 MILJOEN RAND PER DAG IN S.A UIT GEDRINK. DIT TERWYL 1000E HUISE NIE KOS OP HULLE TAFEL HET NIE
IN GEORGE WAS DAAR TYDENS N PADBLOKKADE SLEGS 4 MENSE UIT DIE 3000 WAT GETOETS IS WAT NIKS OOR DIE SPESIFIEKE FEESTYD GEDRINK HET NIE.
B) N PERSOONLIKE ONDERVINDING.
AL DIE HEILIGE MANNE VAN GOD WAT EK ONTMOET HET, EN VAN LEES, WAS ALMAL GEEN DRINKERS. NIKS ALKOHOL OOR HULLE LIPPE LAAT KOM NIE. BYBELSE KONINGS, PRIESTERS EN PROFETE.
WAAROM IS EK SO GEKANT TEEN DRANK? DAAR IS TALLE VOORBEELDE WAARNA EK KAN VERWYS EN BEGEER DAT HULLE NOOIT MET DRANK IN AANKAKING GEKOM HET NIE.
MY EIE BIOLOGIESE PA WAS N ALKOLIS WAT VAN MY MA GESKEI IS EN ONS VAN HOM VERVREEM HET. IN 1981 IS HY VERLOS, EN HY HET NOOIT WEER GEDRINK TOT DIE DAG VAN SY DOOD.
MY EIE LEWE AS ONGEREDDE IS N VOORBEELD. WIE HET MY OORTUIG EN GESE “GOOI AL JOU DRANK UIT? EN WAAROM HET EK DAARNA NIKS MEER GEDRINK NIE? GEEN MENS HET MY OORTUIG NIE.
C) VOORBEELDE AS WAARSKUWING.
WEET JY NOG NIE WAT DRANK AAN MENSE DOEN NIE? GAAN SIT BY INRIGTINGS EN KYK EN LUISTER NA HULLE ELLENDE. GAAN SIT BY HOSPITALE SE NOODGEVALLE EN KYK WIE STOOT HULLE DAAR IN.
KYK NA HULLE AS HULLE DRINK. HULLE RAAK SOOS DIERE. KYK NA DIE FASES WAARDEUR HULLE GAAN HOE MEER HULLE DRINK. SOOS IEMAND EENDAG VIR MY GESE HET “EK DRINK NIE BAIE NIE,NET EEN DRANKIE, DAN IS EK N ANDER MENS, EN DIT IS DAARDIE MENS WAT SO ERG DRINK”
KYK NA DIE VIER DIERE WAARIN MENSE VERANDER. DIE ENIGSTE EVOLUSIE WAARIN EK GLO
1) DIE EERSTE FASE NA DIE EERSTE PAAR DRANKIES, DAN IS HULLE SO SAG SOOS N LAM AS HULLE ONTSPAN. HY SAL NIEMAND KWAAD AANDOEN NIE
2) DAARNA MET NOG N PAAR AGTER DIE BLAD RAAK HY SO LAF EN SNAAKS SOOS N AAP. ALMAL GENIET SY GRAPPE
3) AS HY DAARNA NOG N PAAR DRANKIES DRINK, RAAK HY SO STERK SOOS N LEEU WAT SKRIK VIR NIKS.
4) NIE BAIE LANK DAARNA, RAAK HY SO VUIL SOOS N VARK WAT ALLE SEDES OORBOORT GOOI.
DRANK TAS EERSTE DAARDIE DEEL VAN MY BREIN AAN WAT MY MORELE STANDAARDE BEHEER EN DIE DIER IN MY UIT BRING. VRA MY, EN ENIGE EERLIKE PERSOON OF DIT WAAR IS.
DIE WET VAN EERSTE BEGINSELS LEER ONS OOK VAN DRANK. WAAR LEES ONS DIE 1STE KEER DAARVAN IN DIE BYBEL?
1) NOAG HET WYN GEDRINK IN GENESIS 9:20-21 “NAAK IN SY TENT..”
2) LOT SE TWEE DOGTERS IN GENESIS 19:32-38 – SY 2 DOGTERS SE SKANDES
3) DIE VOLK BY DIE BERG IN EKSODUS 32:6 “EET,DRINK,SPEEL…” NAAK GEDANS
DIT GAAN ALLES GEPAARD MET SEDELOOSHEID! VRA JOUSELF AF “WAAROM LEWE MENSE SO?” HULLE KYK NA DIE VOORBEELDE VAN HULLE LEIERS.
MENSE IS SOOS SKAPE WAT HULLE LEIERS VOLG. DIE LEIERS IS NIE ALTYD GOEIE VOORBEELDE NIE, MAAR KYK NA:
3) DIE BYBELSE STANDAARDE RAKENDE LEIERS.
EK KEN BAIE SLEGTE VOORBEELDE VAN GEESTELIKE LEIERS WAT MENSE MISLEI HET OOR ALKOHOL OMDAT HULLESELF DIT GEBRUIK.
1) TOE EK IN GEORGE IN N GEMEENTE BY N DINEE IN HULLE KERK WAS, HET DIE KANNE WYN DAAR GESTAAN EN IS ALMAL UITGENOOI. TOE EK IETS SE DAAROOR, WAS DIE HOOFOUDERLING SE WOORDE “WAT IS FOUT DAARMEE?
2) TOE EK BY N GOLFDAG WAS, WAS DIE PREDIKANT DIE VOORSTE DRINKER EN ALMAL SE “HERO” TOE HY VUIL GRAPPE VERTEL ONDER DIE INVLOED.
3) TOE MY VRIEND IN HENTIESBAAI TOT BEKERING KOM, HET HY AL SY DRANK DAAR UITGEGOOI. MAAR TOE HY TERUGKOM BY DIE HUIS, HET SY PREDIKANT VIR HOM GESE DIT IS NIE NODIG NIE, HY MOET DIT “MATIG” GEBRUIK.
4) TOE EK TOT BEKERING KOM EN MY PA WAT MY GROOT GEMAAK HET VIR SY PREDIKANT VERTEL EK DRINK EN ROOK NIE MEER NIE, HET HY VIR MY PA GESE “AG OU HENNIE, EK SELF ROOK NOG MY PYP EN DRINK N GLASIE WYN. MY PA HET TOT OP SY STERFBED GESUKKEL OM DIE ROOK TE LOS.
5) MY BROER SE WEERMAG KAPELAAN HET SELF OOK SY DOP GEMAAK EN WAS “IN” BY DIE SOLDATE. DIT HET BAIE LAAT STRUIKEL.
WAT LEER DIE BYBEL ONS OOR LEIERS AS VOORBEELDE
A) OU TESTAMENTIESE RIGLYNE.
DUIDELIKE RIGLYNE WORD VIR LEIERS IN DIE OU TESTAMENT GEGEE.
JEREMIA 35:16
JA, DIE KINDERS VAN JÓNADAB, DIE SEUN VAN REGAB, HET DIE GEBOD VAN HULLE VADER GEHOU WAT HY HULLE BEVEEL HET; MAAR HIERDIE VOLK LUISTER NIE NA MY NIE.
WAT HET DIE VOLK GEDOEN? HULLE HET DIE LEIERS GEVOLG. WAT WAS DIE GEVOLGE? HULLE IS VIR 40 JAAR WEGGEVOER IN BALLINGSKAP!
JESAJA 5:11
WEE HULLE WAT VROEG IN DIE MÔRE KLAARMAAK OM STERK DRANK NA TE JAAG, WAT IN DI NAG LÁÁT OPBLY TERWYL DIE WYN HULLE VERHIT.:12 EN DAAR IS SITER EN HARP, TAMBOERYN EN FLUIT EN WYN BY HULLE MAALTYD; MAAR OP DIE DADE VAN DIE HERE GEE HULLE GEEN AG NIE EN DIE WERK VAN SY HANDE SIEN HULLE NIE.:13 DAAROM GAAN MY VOLK IN BALLINGSKAP WEENS GEBREK AAN KENNIS, EN HULLE AANSIENLIKES WORD HONGERLYERS EN HULLE MENIGTE VERSMAG VAN DORS.
HEIDENSE VOLKE HET HULLE OORGENEEM. LEES MAAR JES.5:20-30
LEVITIKUS 10:9
AARON- MOENIE WYN OF STERK DRANK DRINK NIE, JY OF JOU SEUNS SAAM MET JOU AS JULLE IN DIE TENT VAN SAMEKOMS INGAAN, DAT JULLE NIE STERWE NIE; ‘N EWIGE INSETTING IS DIT VIR JULLE GESLAGTE;
JESAJA 28:7
EN OOK DIE MANNE HIER WANKEL DEUR DIE WYN EN WAGGEL DEUR STERK DRANK; PRIESTER EN PROFEET WANKEL DEUR STERK DRANK, HULLE IS VERWARD VAN DIE WYN, HULLE WAGGEL VAN STERK DRANK, HULLE WANKEL AS HULLE GESIGTE SIEN, HULLE WAGGEL BY DIE REGSPRAAK.
NEHEMIA.3:14
WIE HERSTEL DIE ASPOORT
HOSEA 4:9
DAAROM SAL DIT MET DIE PRIESTER GAAN SOOS MET DIE VOLK—EK SAL BY HOM BESOEKING DOEN OOR SY WEË EN HOM VERGELD NA SY DADE.:10 DAN SAL HULLE EET, MAAR NIE VERSADIG WORD NIE; HULLE SAL HOEREER, MAAR NIE UITBREEK IN MENIGTE NIE; WANT HULLE HET NAGELAAT OM DIE HERE TE VEREER.:11 HOERERY EN WYN EN MOS NEEM DIE HART WEG.
B) NUWE TESTAMENTIESE RIGLYNE.
DIE WAARHEID VAN “LIKE PASTOR LIKE PEOPLE”
1 TIMOTHEUS 3:2
‘N OPSIENER DAN MOET ONBERISPELIK WEES, D1IE MAN VAN EEN VROU, NUGTER, INGETOË, FATSOENLIK, GASVRY, BEKWAAM OM TE ONDERRIG; :3 GEEN DRINKER, GEEN VEGTER, GEEN VUILGEWINSOEKER NIE, MAAR VRIENDELIK; GEEN STRYDLUSTIGE, GEEN GELDGIERIGE NIE;
LUK 6:39
EN HY HET VIR HULLE ‘N GELYKENIS UITGESPREEK: ‘N BLINDE KAN TOG NIE ‘N BLINDE LEI NIE! SAL HULLE NIE ALTWEE IN DIE SLOOT VAL NIE?:40 ‘N LEERLING IS NIE BO SY MEESTER NIE; MAAR ELKEEN WAT VOLLEERD IS, SAL SOOS SY MEESTER WEES.
DAAROM DAT MENSE DIT AANVAAR AS REG EN DIT VERDEDIG, OMDAT HULLE VERKEERDE VOORBEELDE HET.
KOM ONS KYK IN DIE VOLGENDE PLEK NA:
4) BYBELSE STANDAARDE VIR CHRISTENE.
EK SIEN DUIDELIK IN DIE WOORD:GOD VEROORDEEL DIT.
ROMEINE 13:13,14
LAAT ONS WELVOEGLIK WANDEL SOOS INI DAG, NIE IN BRASSERY EN DRONKENSKAP, NIE IN ONTUG EN ONGEBON -DENHEID, NIE IN TWIS EN NYDIGHEID NIE. MAAR BEKLEE JULLE MET DIE HERE JESUS CHRISTUS, EN MAAK GEEN VOORSORG VIR DIE VLEES OM SY BEGEERLIKHEDE TE BEVREDIG NIE.
DEUTERONOMIUM 21:20
EN HULLE MOET AAN DIE OUDSTES VAN SY STAD SÊ: HIERDIE SEUN VAN ONS IS KOPPIG EN WEDERSTREWIG, HY LUIS -TER NIE NA ONS STEM NIE, HY IS ‘N DEURBRINGER EN DRONK -AARD. :21 DAN MOET AL DIE MANNE VAN SY STAD HOM STENIG, DAT HY STERWE. SO MOET JY DAN DIE KWAAD UIT JOU MIDDE UITROEI, EN DIE HELE ISRAEL SAL DIT HOOR EN VREES.
EFESIERS.5:18
“MOENIE DRONK WORD VAN WYN….”
DIT DOEN SKADE AAN JOU GETUIENIS.
EK IS GEROEP OM HEILIG TE LEWE AS VOORBEELD.
DIT IS DIE LEWENSSTYL VAN HEIDENE IN 1 PET.4:1-5
NB!! DIE VOLGENDE INLIGTING IS OP N ANDER BOODSKAP VOLLEDIG BESKIKBAAR. SLEGS HOOFPUNTE WORD NOU GEGEE
5) KYK NA DIE WARE FEITE IN DIE PRAKTYK.
A) ALLES BEGIN BY DIE EERSTE DRANKIE.
B) EK RAAK LATER AFHANKLIK VAN ALKOHOL.
C) DIE AFHANKLIKHEID RAAK N PROBLEEM
D) DIE PROBLEEM RAAK KRONIES.
E) PROBLEEM SIT OOR IN DESTRUKTIEWE GEVOLGE.
F) DIE LAASTE BESTEMMING IS DIE POEL VAN VUUR.
6) DIE TRAUMATIESE GEVOLGE.
TRAUMATIESE GEVOLGE VOLG VIR DIE PERSOON SELF, SY DIERBARE FAMILIE EN OOK DIE SAMELEWING.
7) DIE OPLOSSING.
A) PERSOONLIK.B) PRAKTIES. C) PROFETIES.
DAAR IS N OPLOSSING – WORD VERVOLG
KOM ONS SLUIT AF:
TOE HULLE JESUS WYN AANGEBIED HET, HET HY GEWEIER. HOE KAN EK DRANK OOIT GOEDPRAAT AS JESUS MY VERLOSSER IS EN AAN DIE KRUIS MOES STERF EN DIT GEWEIER HET?
WAARHEEN KAN EK MET MY PROBLEEM GAAN AS DIE KRUIS MY MET DRANK EN AL AANVAAR, EN MY TOELAAT OM DIT MATIG SAAM MET ANDER SONDE TE DOEN?
WAT SAL MENSE EENDAG VIR DIE HERE ANTWOORD OOR DIE MENSE WAT HUL LAAT STRUIKEL HET?
WIE SAL VERANTWOORDELIKHEID VAT VIR AL DIE ALKOLISTE OMDAT ONS MAAR MATIG KAN DRINK EN ANDER MENSE SE LEWENS VERWOES
DAAR IS NET EEN PLEK VIR DIE BOTTEL. DIE BOTTEL SAL NIE SAAM MET DIE KRUIS AANVAAR WORD, DIE KRUIS VERLOS MY VAN DIE BOTTEL.
AMEN!