‘N HEMELSE BEITEL

‘N HEMELSE BEITEL​ ‘n Bekende evangelis vertel dat hy ‘n vriend gehad het wat gedurende ‘n besigheidsressessie,  sy werk verloor het. As gevolg daarvan het hy ook baie geld en sy pragtige huis verloor. Die onverwagte en tragiese verlies van sy dierbare vrou wat hy aan die dood moes afstaan, het sy hartseer nog verder […]

AANHALING

Ek is gereed om my Skepper te ontmoet “ Ek is gereed om my Skepper te ontmoet.  Of my Skepper en Sy oordeel  vir my gereed  is, is ‘n ander vraag.”

Ander se wasgoed

Geskryf deur THEUNIS Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za Ander se Wasgoed ‘n Jong getroude paartjie het in ‘n nuwe woonbuurt ingetrek. Die eerste oggend terwyl hulle ontbyt eet sien die jong vroutjie die buurvrou terwyl sy haar wasgoed buite ophang. “Daardie wasgoed is nie baie skoon nie,” sê sy aan haar man. “Die buurvrou […]

Ateïs tot man van God!

Ateïs tot man van God! Dit is toe C.S. Lewis na die Oxford Universiteit toe is, dat hy ‘n uitgesproke ateïs was. Hy het sy moeder verloor toe hy nege jaar ou was en die res van sy lewe het hy in koshuise groot geword. Hy het nie die nut van God gesien of in […]

Alles of iets?

Alles of iets? Die gemeente het ’n bus gehad waarmee hulle die kinders en ander wat vervoer probleme het, aangery het kerk toe. So gebeur dit dat die busbestuurder die Saterdagmiddag in die dorp stap en soos die Here hom lei by huise aandoen en mense na die diens toe nooi. Hy arriveer by die […]

Alexander die grote se gehoorsame troepe

Alexander die grote se gehoorsame troepe Alexander die grote en ’n klein groepie van sy troepe het ’n baie sterk bewaakte stad met baie hoë mure genader. Alexander het buite die stad gestaan en met ’n groot stem geskreeu dat hy met die koning wil praat. Die koning het op die muur verskyn en Alexander […]

Akteur of werklik?

Akteur of werklik? Hierdie insident het ’n hele klomp jare gelede by ’n gemeente se passie spele plaasgevind. Die spele is in die stadsaal aangebied en elke aand was die saal stampvol. In die spele het die man wat Jesus speel die kruis gedra. In die gehoor was daar ’n man wat hom uitgejou, geterg […]

Agting vir predikant se vermoë

Agting vir predikant se vermoë Dit is die Sondagoggend en twee Minorca-henne staan voor die pastorie in die blomtuin en rondskrop op soek na iets te ete. Dit is toe die dominee oomblikke later in sy deftige swart pak by die voordeur uitgestap kom, kyk een van die henne hom met bewondering aan en sê:- […]

Agt Honderd Bote Verwoes!

Agt Honderd Bote Verwoes! In die Japanese 2011-03-11 driedubbele aardbewing- tsoenami- kernreaktorramp is die “wakame” seegrasindustrie byna heeltemal uitgewis. Langs die Omoe Skiereiland, die mees oostelike punt van Honshu, het vissermanne vanuit hul klein nuut bekomde plesierbote ver oor die see gestrek om met lang sekel-punt pale repe “wakame” seegras uit te delf. Die klein […]

Afvallig – Ja of Nee!

Afvallig – Ja of Nee! Dit is tydens die eerste wêreld-oorlog dat ’n predikant een van die rykste families se seun na die Here gelei het. Hierdie jongman het die diens bygewoon maar na die diens het hy dadelik sy Geloof en sy besluit vir die Here aan sy mede soldate getuig. Die oorlog het […]

0:00
0:00