Wondelike Wandeling

WONDERLIKE WANDELING deur Babsie Scholtz Oomblik na oomblik, te wandel met hom, Oomblik na oomblik, wat ook al mag kom. En in Sy krag oorwinning behaal, Totdat Hy my ook huistoe kom haal.

Volhard

VOLHARD deur Babsie Scholtz Al is die pad soms ru en steil, Die dorings skerp op elke myl, Wil ek volhard en nie verflou Tot aan die einde net volhou.

Verdra My

Verdra my Deur Babsie Scholtz Twee verrimpelde ou hande   Wat elke luier van jou   Met soveel sorg en liefde   Gewas het, totdat dit   Melkwit en Troetelsag   Op die draad gehang het;   Twee ou hande   Nou so hulploos , so trek en misvorm   So opgeeet deur die pyne […]

Ouer-Blydskap

OUER-BLYDSKAP deur Babsie Scholtz O skone kind in bruidsgewaad,   Mag niks en niemand jou ooit skaad   Mag God jul altyd veilig lei,   Jul Raadsman, Leidsman immer bly

Onrus

ONRUS versus RUS deur Babsie Scholtz ‘n Land wat op Gods Word sal bou,   Vas glo in God, op Hom vertrou,   Het niks te sidder of te vrees,   Die grote God sal met hom wees.

Net Maar ‘n Stem

NET MAAR ‘N STEM deur Babsie Scholtz Dit is nie rykdom, roem of eer,   Wat ek so innig, diep begeer.   Maar dat my lewe slegs ‘n stem sal wees,   Waarin ander Christus sal lees.

‘n Waarskuwing en ‘n Wegaanwysing

‘N WAARSKUWING EN ‘N WEGAANWYSING deur Babsie Scholtz Ek wil graag aan U voete bly,   Gereed as U my mag nodig kry,   Geen sonde wat my van u skei,   In aanbidding aan U toegewy.

Die Opge-eiste Een

DIE OPGE-EISTE EEN deur Babsie Scholtz Het U vir my ook nodig, Heer?   Ek voel so klein, so niks , so sonder eer;   Maar U kan my hervorm, verlos en leer,   Dan kan U my ook gebruik, o Heer.

Die Offer Wat God Verlang

DIE OFFER WAT GOD VERLANG deur Babsie Scholtz Here, ek wil u vertrou,   NIKS wil ek van U weerhou,   Skep vir my ‘n hart so rein en teer,   En maak my EEN met U, o Heer.

0:00
0:00