"April Fool!"
Die datums van Goeie Vrydag verskuif elke jaar. In die jaar 2018 asook 2029 sal Goeie Vrydag op 1 April –of soos baie van ons dit ken, “April Fools day”, val. Ek glo met my hele hart dat baie van u het April gek grappe op ander gespeel en of dat baie van die grappe op u toegepas is. Wat sou gebeur as die geskiedenis se grootste grap gebeur, naamlik dat die Saligheid wat die Christendom op vertrou, nooit sou bestaan nie?
In I Kor. 15 is dit Paulus wat dan die slegte nuus ophaal:
:16 “Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;”
:17 “en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;”
:18 “dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.”
:19 “As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.”
Met ander woorde, ons sou die slagoffers gewees het van die ergste APRIL GEK grap!
Maar Paulus kom ook na vore met die goeie nuus:
1 KOR. 15:20 “Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.”
:21 “Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens.”
:22 “Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;”
Die wêreld is vol geestelike godsdienste , wie se leiers gesterf en begrawe is. Slegs die Christendom volg ‘n Messias wat gesterf het, maar die dood oorwin en opgestaan het! ONS VERLOSSER LEEF!!! So in plaas daarvan dat ons slagoffers is van ‘n afskuwelike grap, is ons geseënd met ‘n lewende God, wat nou dieselfde opstanding aan een en elkeen aanbied wat in Hom glo!
ONS VEARANTWOORDELIKHEID IS, OM DIE WêRELD IN TE GAAN EN DIE BOODSKAP TE GAAN VERTEL VAN DIE LEWENDE HERE JESUS CHRISTUS.
GEBED
Dankie dat U lewe en dit ook vir my aanbied! Aan God al die eer!
AMEN