SOLDAAT

Soldaat

is jou swaard
die Woord van God?
Is dit skerp?
Kan jy veg?
Soldaat
is die skild al in jou hand? Geloof blus pyle se brand.
Soldaat
en jou skoene? Wanneer laas het jy gegaan
agter verlore siele aan?
Soldaat
daardie helm
pas hy goed?
Oortuig van
jou redding
‘n uiterste
moet.
Sit jou
harnas
stewig
weet jy
wat is reg?
Jou gordel?
Onderskei jy
tussen goed
en
tussen sleg?
Soldaat
jy het stryd
nie teen vlees
nie teen bloed.
Jy moet
reg wees
geoefen
gewapend
Kandidaat.
Soldaat..
Jy.
 
・ Marike Bruwer –
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00