Die ontugtige vrou

Is haar getuienis van God ooit waar?
Die tye wat sy die Here gesoek het was min en raar
Syt haar Bybel nie biddend gelees
En God ook nie gevrees
Sy het baie met woorde verlei
Maar nooit Johannes 8 se waarheid verkry
In Spreuke word n man gewaarsku teen so n vrou
Daarom my seun soek die wysheid sodat jy daaran vas klou
Sy loop rond en breek menigte se harte
Minwetend dat voor haar le n ewigheid vol smarte
Haar lippe is vol leuns gevul
Met beloftes se waarde gelyk aan nul
Maak die Here deel terwyl jy jou lewensmaat soek
Hy is vir ons lief met al die antwoorde in Sy heilige boek
Pasop! Pasop! Dat sy jou nie in haar strikke vang
Want daar is n goddelikke vrou daar buite wat biddend na jou ook verlang

0:00
0:00