In die Here Jesus is daar hoop Met Sy bloed het hy my duur gekoop Tragedies en hartseer sal daar wees Maar met Sy reddende regterhand sal Hy dit als genees My Here ek het soms so baie vrae Met hartseer wat my hinder vir baie dae Help asb in hierdie benoude tyd Ek weet U sal, dis n afgesproke feit U alleen kan dit als verstaan Want U liefde sal nooit vergaan Dankie Jesus vir wie U is Met U beloftes sal ek in vrede rus