Saul en Dawid (1 Sam 18:5-10)

“Saul verslaan sy duisende,

Maar Dawid sy tienduisende!”

Jaloesie in die hart van die koning,

Duisternis vloei skielik sy lewe in!

“Ek, ja ek, verdien soveel meer!

Gee my al dié verdiende eer!”

Trots gun my mindere geen plek,

My harts-rangorde is ek, ek, ek!

Die potensiaal van die

 Ryk was soveel,

As Saul maar met Dawid wou deel,

Eerder saamwerk vir die groter doel,

As die koester van ‘n alleenreg gevoel!

Ag sal ons vinnig hier uit leer,

Dat die Koninkryk is vir God se eer!

Elkeen wat só in nederigheid bou,

Sal so sy loon en kroon behou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00