DIE ARK VAN GOD MOET TERUG OP SY PLEK

SKRIFLESING: 1 KRONIEKE 13

 

TEKS: 1 KRONIEKE 13:3

 

En laat ons die ark van onse God na ons toe oorbring, want in die dae van Saul het ons daar nie na gevra nie.

 

Inleidend: Ek lees in Allan Redpath se boek oor Dawid  “Making of a man of God” It is quite remarkable how easily many of us can cast aside impressions made as the Word of God has been preached, and how quickly we can revert both in manner and conversation to purely social and secular things. We may often have a service of which we say “Well, we had a good time and a helpfull message” but somehow there has been no real word from the Lord to our hearts, no vital impact from the Holy Spirit, and therefore no lasting response.

 

So mag dit ook wees met hierdie paar deursoekende boodskappe wat handel oor die lewe van Dawid.

 

Die vorige twee boodskappe het gehandel oor die lewe van Dawid, van Saul se dood en waar Saul as koning regeer 40 jaar lank uit die boek Kronieke.

 

Dawid en ander was gewillig vir n besondere taak.

 

Dit handel oor die voorbereiding vir die bou van die Tempel. Hy was gewillig om die voorbereiding vir die bou van die tempel te doen, en dit was n besondere taak vir die Here.

 

Die nuwe seisoen wat aanbreek.

 

Mense wat afgeskei is, dapper mense, mense beheer deur die Heilige Gees, mense wat die Here stuur, kundige mense met onderskeidingsvermoee, die jongman wat die Here liefhet, mense wat nie dubbelhartig is, mense met onverdeelde harte vir die Here en mense wat blydskap veroorsaak.

 

Ek het in die vorige boodskap geworstel met “waar pas Jesus in?” Jesus moet sentraal staan in elke boodskap.

 

Paulus skryf aan Timotheus in 2 Timotheus 4:22 “En mag die Here Jesus Christus met jou gees wees! Die genade sy met julle! Amen.”

 

Paulus se hele lewe was Christus gesentreerd. Al sy briewe wat hy geskryf het was vol van Jesus.

 

Lees die boek Handelinge en jy vind Jesus in die eerste en laaste vers.

 

Handelinge 1:1 “Die eerste verhaal Theofilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen het”

 

 Handelinge 28:31 “terwyl hy die koningkryk van God gepreek en onderrig het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid en sonder verhindering.”

 

Lees Openbaring en jy vind Jesus in die eerste en laaste vers.

 

Openbaring  1:1 “Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat nou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het.”

 

Openbaring 22:21 ”Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.”

 

Hoe kom ons by Christus uit in Kronieke? Die antwoord vind ons in 1 Kron.13 – die ark is afwesig?

 

“DIE ARK VAN GOD MOET TERUG OP SY PLEK.”

 

Kyk na die die volgende hoofstukke:

 

Die visie v Dawid om die ark te gaan haal.                1 Kronieke  13: 1-14

Dawid se roem en posisie vergroot. 1 Kronieke 14:1-17

Dawid kry priesters om Ark te gaan haal.                          1 Kronieke 15:1-24

Die Ark kom in Jerusalem aan. 1 Kronieke 15:25-1 Kronieke 16:3

Die Ark in Jerusalem op sy plek. 1 Kronieke 16:4-43

 

Die ark is nog nie in die Tempel, dit moet nog gebou word in 2 Kronieke. Alles was tot voorbereiding vir die bou van die Tempel. Die Ark spreek van die teenwoordigheid van God.

 

In die Nuwe Testament is Jesus sentraal teenwoordig. Jesus moet sentraal in die Kerk staan – Openbaring 3:20 se Jesus staan buite en klop.

 

Dawid het die visie gehad dat die Ark moes terugkeer

 

DEEL DIE VISIE.   (1 Kronieke 13: 1-3)

 

1 Kronieke 3b.”En laat ons die ark van onse God na ons toe bring, want in die dae van Saul het ons nie daarna gevra nie.”

 

Die laaste verwysing na die ark vind ons in 1 Samuel 7:1 “Toe het die manne van Kirjat-Jearim gekom en die ark van die HERE gaan haal en dit in die huis van Abinadab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun Eleasar geheilig om die ark van die HERE te bewaak.”

 

Blyk of Saul nie ag gegee het op waar die ark is. Dawid se visie was dat die Ark moet terug. Goeie leiers het nie hulle eie idees as visie sonder om ander in ag te neem.

 

Ons lees hy het “RAAD GEHOU” Dit is wys om die wysheid van ander in ag te neem.

 

Spreuke 3:5-7  Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;

 

Ons eie idees en visie is nie altyd reg. Ons drome en planne? Ons sien Dawid deel dit met “OOR 1000 EN 100” en “ELKE BEVELHEBBER”.

 

Telkens verwys hy na :3 “ONS … ONS… ONS”  Wat was in die Ark? Die 10 gebooie. Spreek van Jesus.

 

1 Kronieke 13:2a “Migaja, die dogter van Uriel uit Gibea”

 

“AAN DIE HELE VERGADERING VAN ISRAEL GESE”

 

Daar was Kommunikasie met almal. Die hele gemeente moet deel. “AS JULLE …” Dit moet goed wees in almal se oe – Jesus sentraal. Julle is jonk en oud.

 

“AS ….VAN DIE HERE ONSE GOD…”

 

1Timotheus 2:3-5  Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,

 

“NA ONS BROERS STUUR…WAT NOG OOR IS”

 

Kinders, jongmense, ouer mense. Gaan vertel vir hulle wat nie hier is nie. Dit wil voorkom of hulle die Ark moes soek. Nie geweet presies waar dit is.

 

2.  WORD DEEL VAN DIE VISIE. (1 Kronieke 13:4,5)

 

“TOE SE DIE HELE VERGADERING…”

 

Almal deel die visie “Almal Dissipels van en vir Jesus” Ons sing almal saam  “All for Jesus”. Hoe sal dit lyk as ons almal dit bedoel?

 

3      VERSTAAN DIE VISIE : (1 Kronieke13:6)

 

“DIE ARK…” “…die Here wat op die gerubs troon…”

 

Wat verstaan ons van dit? Niks anders as die teenwoordigheid van God.

 

DIE VISIE WORD DIE MISSIE: (1 Kronieke 13:7,8)

 

Ons het soms die visie van die Here, maar die doen kom uit ons eie. Nie nuwe programme en kursusse.

 

DIE HEILIGHEID VAN DIE VISIE: (1 Kron. 13: 9-12)

 

Daar was duidelike instruksies hoe die ark vervoer moes word in Numerie 4:5-15 – Dit was die Leviete se taak. Die Ark was jare in die huis van Ussa se oupa. Hy het geweet wat Gos se standaard is – hy was ongehoorsaam

 

Die vervoer van die Ark nie soos Filistyne 1Samuel 6:12 “En die koeie het reguit padlangs geloop in die rigting van Bet-Semes; hulle het op een groot grondpad aldeur geloop en bulksonder om regs of links uit te draai, terwyl die vorste van die Filistyne agter hulle aan gaan tot by die grens van Bet-Semes.”

 

Dawid besef hier daar is iets fout, en ontdek die diepte van die heiligheid van God. Hy raak nie kwaad, vra vrae en bedank as koning.

 

Lukas 5:8  En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is ‘n sondige man! Lees Jesaja 6: 1-6.

 

Moses by die bos.

 

GOD SE SEEN MET DIE VISIE: (1 Kron. 13:13,14)

 

“DIE HERE HET…” “…DIE HUIS VAN…” “GESEEN MET ALLES WAT HY GEHAD HET”

 

Waar die heiligheid van God eerbiedig word, sal Hy altyd Sy seen uitstort.

 

Mattheus 6:33 “Maar soek eers die koningkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”

 

Kyk na Salomo.

 

“AL DIE OE WAS OP DIE ARK GERIG.”

 

Die oe van die wereld van buite – hulle sien die verskil waar die Ark is.

Die oe van hulle daar binne – hulle ervaar die verskil as die Ark daar is

Die oe van Hom van bo – Hy stuur die seen na die plek waar die Ark is

 

Die Ark met sy regmatige plek kry.

 

Jesus moet die begin en einde van alles wees.

 

My persoonlike lewe: Dink aan die seen – liggaam siel en gees as Jesus daar is.

 

My gesinslewe: Dink aan die seen – ma pa en kinders as Jesus sentraal is.

 

In die gemeente: Dink aan die seen – kinders jeug en oumense as Jesus alles is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00