DIE NUWE SEISOEN BREEK AAN

SKRIFLESING: 1 KRONIEKE 12

 

TEKS: 1 KRONIEKE 12:38

 

Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met’n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel; en ook al die orige Israeliete was een van hart om Dawid koning te maak.

 

In ons vorige tekspreek het ons gekyk na om gewillig te wees vir n besondere taak. Dit was slegs inleidend tot die bou van die tempel.

 

2 Kronieke  7:2

 

die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.

 

Voor dit kon gebeur, moes daar baie nog gebeur. Daar het n tydperk aangebreek in Dawid se lewe waar hy n besondere taak moes verrig, wat was dit?

 

En nadat Hy Saul afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.

 

Hoe lank moes Dawid wag? Hy was beskikbaar, maar moes wag. Dawid se hartsgesindheid het hom beskikbaar gemaak.

 

Dawid was getoets en gevorm deur “indiens opleiding” Voor en tydens sy Koningskap. Daarom was hy beskikbaar vir die besondere taak.

 

Hy het al die toetse geslaag behalwe een. Die een skandelike donker kol in Dawid se lewe wat ons nie in Kronieke vind!.

 

Sommige mense het donker kolle van die verlede wat soos n wolk oor hulle hang. Weet u wat dit is om in sonde te val en uitgevind te word, die skande, verwyte, nie beskikbaar vir God nie.

 

Die verhaal vind jy nie in Kronieke, want dit is nie meer relevant vir die rede waarom die boek geskrywe is. Die boek Konings is geskrywe voor die ballingskap, en Kronieke na die ballingskap.

 

Die doel van die boek is om die Kerk van Christus te leer dat sy sterkste eienskap moet wees dat elke lid daarvan ten volle aan die Here toegewy moet lewe en dat hulle Hom met alles wat hulle het moet dien. Verwys na “Bybel in praktyk”

 

Die fokus is die instruksies vir die herbou van die tempel. Wat was eerste herbou? Tempel of die stad, poorte en die mure?

 

Kronieke laat die geadresseerdes in 3 rigtings kyk:

 

Terug oor hulle geskiedenis – ons kyk terug.

Vorentoe – Profetiese belofte oor die toekoms. Al is Dawid nie meer daar, die lyn van Dawid bly.

Die hede – Die teenwoordigheid van die Here met die herbou van die tempel.

 

Dawid word nie deur God toegelaat om die tempel te bou nie, maar wel om al die voorbereidings te doen. Beskikbaar vir n besondere taak.

 

Hoe het hy geeindig? lees 1Kronieke 29:10-13. Omdat Dawid gewillig was kon die Here hom gebruik vir die besondere taak.

 

1 Kronieke 11:9

 

 En Dawid het gedurig deur groter geword, en die HERE van die leërskare was met hom.

 

In my hart is daar n verwagting van n nuwe seisoen wat vir my, vir jou en die gemeente aanbreek. Dawid was gewillig, maar het ook gewillige hulp gehad.

 

Die helde van Dawid   in 1 Kronieke 11:10-47

 

“Nuwe seisoen breek aan”

 

Die nuwe seisoen as koning was nie sonder stryd nie.

 

Voordat hy koning geword het, het hy hulp gehad toe Saul hom vervolg gevind in 1 Kronieke 12:1-22, asook daarna 1 Kronieke: hoofstukke 23-36.

 

Mense kom en gaan, maar daar is altyd die wat by jou sal staan tot die einde toe. Soms is dit nodig om net om jou te kyk en te sien jy is nie alleen nie. Let op wie die Here oor jou pad stuur.

 

Let op die mense in die gemeente wat beskikbaar is saam met wie jy kan werk. Die nuwe seisoen wat vir Israel aangebreek het, was die seisoen van voorbereiding vir die bou van die Tempel.

 

Daar moes baie gedoen word voordat aan die tempel gebou kon word. Net soos in die natuur waar daar seisoene is, is daar in mense se lewens en gemeentes se groei ook seisoene. Jy sal niks maai as jy nie saai, en dit is in verskillende seisoene.

 

Kyk wat het alles gebeur in hierdie nuwe seisoen:

 

Dawid word as Koning gesalf. 1 Kronieke 11.

 

Dawid se hulp om as Koning te dien. 1 Kron.11, 12.

 

Die Ark word deur Dawid terug gebring. 1Kron. 13.

 

Dawid hoor God se stem. 1 Kronieke 14.

 

Die Ark op sy plek. 1 Kronieke 15,16.

 

Die voorbereidings vir die tempel. 1 Kron. 22-29.

 

Kyk na 1 Kronieke Hoofstuk 12: die hulp van Dawid in die nuwe seisoen.

 

DIT HET BEGIN TERWYL SAUL NOG GELEWE HET

Mense wat hulle afgeskei het om by Dawid te wees : 8a

 

1 Kronieke hoofstuk 12:8a  Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid,

 

 “afgeskei”

 

(Genesis 13:9,10)  Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan. Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het,

 

Afgeskei van die wereld, en dit kos my iets!

 

Dapper manne – vlug nie vir die vyand.

Krygsmanne – weet wat oorlog is.

Toegerus – student van die Woord (Swaard).

Gesigte soos leeugesigte – geen bang haar.

Vinnig soos gemsbokke – sleep nie voete nie.

Mense op wie Dawid kon steun : 8b

 

1 Kronieke 12:8 Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge:

 

Mense wat deur hindernisse gaan: 1 Kron.12:15.

 

Mense wat in elke verleentheid ‘n geleentheid sien en nie gou moed opgee nie 

 

“God will make a way” net soos met Israel

 

(Jesaja 43:2)As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.

 

Om in stryd gefokus te bly

 

Mense wat in vrede kom om te help : 1 Kronieke 12:17

 

(Romeine 12:18)  as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

 

(Mattheus 5:9)  Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

 

Mense wat vervul is met die Gees : 1 Kronieke 12:18.

 

Mense onder beheer van die Heilige Gees

 

(Efesiers 5:18)  Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.

 

Omstandighede het nie hul lewe beheer.

 

Mense wat na Dawid oorgeloop het : 1Kron.12:19-22

 

Mense loop rond en soek n plek waar hulle iets vir die Here kan beteken en vind iewers aanklank.

 

DIE SEISOEN TOE DAWID KONING WORD

Jongman met sy familie :1 Kronieke 12:28.

 

Soos Timotheus (1Timotheus 4:12) Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.

 

 Kyk na jongmanne in die Bybel soos Josef, Daniel en vriende. Dapper manne van naam : 1 Kronieke 12:30

 

Kyk na manne soos Joshua en Kaleb

 

(Josua 1:6,7)  Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee. Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.

 

Kundige mense met insig: 1 Kronieke 12: 32

 

Mense met onderskeidings vermoee.

 

(Hebreers 5:14)  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

 

Sulke mense nodig in n tyd soos hierdie.

 

Manne wat nie dubbelhartig is: 1 Kronieke 12:33.

 

Dubbelhartige mense is onbetroubaar en onvas.

 

(Habakuk 2:5)  En bowendien, die wyn is ‘n bedrieër, ‘n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik—hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar.

 

(Jakobus 1:7,8)  Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—  so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

 

Manne wat eensgesind was 1 Kronieke 12:38

 

(Filipense 2:2)  maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.

 

Manne wat blydskap veroorsaak : 1 Kronieke 12: 39-40.

 

(Filipense 4:4,5)  Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!  Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

 

(Nehemia 8:11) Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE—dit is julle beskutting.

 

Die vrug van die Gees?

 

Sal ons hierdie nuwe seisoen met vertroue aanpak? Ja

 

Het ons mense wat afgeskei is? Ja

 

Dapper mense wat hulle nie laat afskrik deur krisis? Ja

 

Mense beheer deur die Heilige Gees? Ja

 

Mense wat begin oorloop wat die Here stuur? Ja

 

Kundige mense wat onderskeidingsvermoee het? Ja

 

Jongman wat die Here liefhet? Ja

 

Nie dubbelhartig, maar gefokus? Ja

 

Onverdeelde harte vir die Here? Ja

 

Mense wat blydskap veroorsaak? Ja

 

Wat verhinder ons dan om hierdie jaar n besondere jaar vir Jesus te maak?

 

Die seisoen van voorbereiding vir iets groot.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00