GEESTELIKE OORLOG NR 7 TEKSPREEK: DS JOHAN BOTHA
TEMA: DIE VOORTDURENDE GEESTELIKE OORLOG
SKRIFLESING: OPENBARING 12:1-17
TEKS: OPENBARING 12:17
EN DIE DRAAK WAS VERTOORND OP DIE VROU, EN HY HET WEGGEGAAN OM
OORLOG TE VOER TEEN HAAR ANDER NAKOMELINGE WAT DIE GEBOOIE VAN
GOD BEWAAR EN DIE GETUIENIS VAN JESUS CHRISTUS HOU.
OM IN N GEESTELIKE OORLOG GEWIKKEL TE WEES IS NIE IETS UNIEK AAN DIE
TYD WAARIN ONS LEWE NIE.
DIT HET EGTER N WENDING INGENEEM WAAR MENSE OP ONDERVINDING EN
GEVOEL STAAT GEMAAK HET IPV GESONDE BYBELSE WAARHEDE.
UITVLOEISELS VAN DIE POST MODERNE MENS IS DAT HY NIE MEER GLO AAN
DIE OBJEKTIEWE WAARHEID, MAAR DAT WAARHEID RELATIEF IS. WAARHEID
IS WAT JY AANVAAR EN ERVAAR. DIE EMOSIONELE WORD VERWAR MET DIE
GEESTELIKE WAARHEID.
DAAROM DAT SO BAIE MENSE MAKLIK IN OKKULTIESE EN NEW AGE
BEWEGINGS VERVAL. KYK NA AL DIE TV PROGRAMME WAAR MENSE
VASGEVANG SIT.
PAULUS WAARSKU ONS RAKENDE DIT.
1TIMOTHEUS 4:1
“MAAR DIE GEES SÊ UITDRUKLIK DAT IN DIE LAASTE TYE SOMMIGE VAN DIE
GELOOF AFVALLIG SAL WORD EN VERLEIDENDE GEESTE EN LERINGE VAN
DUIWELS SAL AANHANG.”
DAAR IS SELFS MENSE WAT DUIWELS UIT KINDERS VAN DIE HERE DRYF MET
N ROOKDUIWEL, SEKSDUIWEL, HUMEUR DUIWEL EN ALLES WAT KLINK SOOS
EEN.
DAAR IS BAIE VRAE OOR DIE ONDERWERP, MAAR ONS KAN DIT NIE OP
ONDERVINDING, FILOSOFIE EN SPEKULASIE VAN MENSE BASSEER.
EFESIERS 4:14
“SODAT ONS NIE MEER KINDERS SOU WEES NIE WAT SOOS GOLWE
GESLINGER EN HEEN EN WEER GEDRYF WORD DEUR ELKE WIND VAN LERING,
DEUR DIE BEDRIEËRY VAN DIE MENSE, DEUR SLUHEID OM LISTIGLIK TOT
DWALING TE BRING;”
N PAAR JAAR GELEDE WAS DIE BOEKE VAN REBEKKA BROWN, PERETTI EN
ANDER BLITSVERKOPERS MET ONBYBELSE UITLATINGS EN PRAKTYKE.
DIE TYD TOE GEBEDSMARSE EN SAAMTREKKE GEHOU IS OM SAAM TE BID EN
DIE MAGTE VAN DIE BOSE TE BIND DEUR ONSKRIFTUURLIKE OPTREDES.
HUISE EN BESIGHEDE IS GESALF, OP DIE INGANGE VAN STEDE TE BID EN DIE
BOSE TE KEER OM IN TE KOM.
DEUR MET HELIKOPTERS DIE LUG IN TE VLIEG EN BOSE TE BESTRAF.
DAAR WAS NOG ALTYD N GEESTELIKE OORLOG, EN DIT SAL SO WEES TOTDAT
JESUS KOM. ONS KAN NIE ONS KOPPE SOOS VOLSTRUISE IN N GAT DRUK NIE.
DIE BYBEL IS N BOEK VAN GEESTELIKE OORLOG VAN DIE BEGIN TOT DIE EINDE.
WAT SE DIE BYBEL VIR ONS OOR DIT ALLES:
1) DIE OORLOG VAN GENESIS TOT OPENBARING
GENESIS 3:15
“EN EK SAL VYANDSKAP STEL TUSSEN JOU EN DIE VROU, EN TUSSEN JOU
SAAD EN HAAR SAAD. HY SAL JOU DIE KOP VERMORSEL, EN JY SAL HOM IN DIE
HAKSKEEN BYT.”
DIT IS NIE DIE DUIWEL WAT OORLOG VERKLAAR HET NIE, GOD HET TEEN HOM
OORLOG VERKLAAR. NADAT DIE DUIWEL TEEN GOD GEREBELLEER HET, IS HY
SAAM MET N DERDE VAN DIE ENGELE UIT DIE HEMEL GEGOOI.
HY WAS BAIE VINNIG IN DIE TUIN VAN EDEN OM DIE MENS TE VERLEI.
DAARNA HET GOD OORLOG VERKLAAR TEEN HOM.
OPENBARING 12 GEE VIR ONS N GOEIE IDEE OOR WAAROOR DIT ALLES GAAN.
AS JY VERSTAAN DAT DIE DRAAK DIE DUIWEL IS, DIE VROU IS DIE VOLK UIT WIE
DIE KIND, WAT JESUS IS, GEBORE SOU WORD, ISRAEL.
ROMEINE 9:4,5
“HULLE IS ISRAELIETE AAN WIE DIE AANNEMING TOT KINDERS BEHOORT …
AAN WIE DIE VADERS BEHOORT EN UIT WIE DIE CHRISTUS IS ..”
HULLE HET DIE KOMS VAN CHRISTUS VERWAG VANAF DIE GEBOORTE VAN
KAIN.
EN NET SO DIE DUIWEL VAN DIE DAG WAT GOD OORLOG VERKLAAR HET IN DIE
TUIN IN GENESIS 3:15
LEES DIE BYBEL VAN GENESIS TOT OPENBARING , EN SIEN HOE DIE DUIWEL DIE
SAAD PROBEER VERNIETIG HET DEUR DIE EEUE.
a) MET KAIN
EVA HET GEDINK DIE BELOFTE HET WAAR GEWORD, EN DIE DUIWEL WAS
DAAR, MAAR HET AGTER GEKOM HY IS NIE TOEGEWY AAN GOD NIE. HY IS NIE
DOM NIE.
b) MET ABEL
ABEL WAT DIE REGTE OFFER BRING WORD DOOD GEMAAK. HET DIE DUIWEL N
DEEL?
c) MET SET
SET WORD GEBORE, EN HULLE BEGIN DIE HERE AANROEP. HY WAS DIE LYN
VAN DIE BELOOFDE SAAD. TOE STUUR DIE DUIWEL SY ENGELE OM DEUR
MENSE GEMEENSKAP MET DIE VROUENS TE HE. NET NOAG EN SY FAMILIE BLY
OOR.
NOAG WAS UIT DIE SAAD VAN SET.
d) MET ISAK
DIE GEBOORTE VAN ISAK WORD VERHINDER DEUR ABRHAM WAT BY HAGAR N
KIND HET.
e) MET JAKOB
JAKOB GAAN NA EGIPTE, MAAR SY NAGESLAG WORD DEUR FARAO VERDRUK
DEUR FARAO.
f) MET MOSES
DIE SEUNTJIES WORD ALMAL DOODGEMAAK, MAAR HY OORLEEF DIT IN DIE
NYL
g) MET DAWID
SAUL SE HAAT EN BESETE OM DAWID DOOD TE MAAK.
h) MET ISRAEL
VERSOEK VOORTDUREND OM AFGODE TE AANBID EN DIE VERBOND TE
VERBREEK. WEGGEVOER NA BABILON EN DIE TEMPEL EN JERUSALEM
VERWOES EN VERBRAND
i) MET JESUS
KYK NA AL DIE DEMONIESE AKTIWITEITE IN JESUS SE TYD OP AARDE.
DIE FARISEERS EN SADUSEERS, ROMEINE EN SELFS SY EIE MENSE WAT HOM
VERRAAI, VERLOEEN EN GEKRUISIG.
HET DIE DUIWEL OORWIN TOE JESUS STERF?
JOHANNES 12:31-33
“NOU IS DIT DIE OORDEEL VAN HIERDIE WÊRELD, NOU SAL DIE OWERSTE VAN
HIERDIE WÊRELD BUITENTOE GEDRYF WORD. EN EK, AS EK VAN DIE AARDE
VERHOOG WORD, SAL ALMAL NA MY TOE TREK. EN DIT HET HY GESÊ OM AAN
TE DUI HOEDANIGE DOOD HY SOU STERWE.”
“EN VAN OORDEEL, OMDAT DIE OWERSTE VAN HIERDIE WÊRELD GEOORDEEL
JOHANNES 16:11
IS.”
KOLLOSENSE 2:15
“NADAT HY DIE OWERHEDE EN MAGTE UITGEKLEE EN HULLE IN DIE OPENBAAR
TENTOONGESTEL EN DAARDEUR OOR HULLE GETRIOMFEER HET.”
HEBREERS 2:14
“.. SODAT HY DEUR DIE DOOD HOM TOT NIET KON MAAK WAT MAG OOR DIE
DOOD HET—DIT IS DIE DUIWEL—“
HY IS NOG STEEDS MAGTIG EN AKTIEF “HE IS STILL ACTIVE, BUT NOT WELL” HY
VOEL NIE BAIE GOED NIE.
HY IS SOOS N BRULLENDE LEEU WAT GEKWES IS, EN WEET SY TYD IS MIN.
DAAROM IS DIE DUIWEL VANDAG BESIG MET AL SY LEUENS, MISLEIDING,
VERVOLGING, DIE WERELD SE BEGEERTES EN TALLE ANDER MANIERE
DIT ALLES OM JESUS BY TE KOM IN SY VOORTGESETTE PLANNE.
WIE IS DIE OORWINNAARS? HULLE WAT HULLE OOG VESTIG OP JESUS SE
OORWINNING, EN NIE DIE DUIWEL EN SY PLANNE EN MAGTE.
2) MET WIE HET ONS TE DOEN VAN GENESIS TOT OPENBARING?
DAAR IS MIN OF MEER 17 NAME, SIMBOLE EN TIPES WAT SY WERKSWYSE
BESKRYF.
A. DIE NEIGING OM TE VERNIETIG – 2 NAME
OPENBARING 9:11
“EN HULLE HET AS KONING OOR HULLE DIE ENGEL VAN DIE AFGROND; SY
NAAM IN HEBREEUS IS ABÁDDON, EN IN GRIEKS HET HY DIE NAAM VAN
APÓLLION.”
DIE NAME BETEKEN “VERNIETIGER”
DIT WAT DIE GESIN OPBOU, VERNIETIG HY. DIT WAT N GEMEENTE OPBOU,
VERNIETIG HY. ALLES BEHALWE DIE FONDASIE WAAROP ALLES GEBOU WORD –
JESUS
B. SY PERVERSE EN VERDORWE NATUUR – 5 NAME
1) HY WORD GENOEM BAAL SEBUB
2KONINGS 1:6
“EN HULLE ANTWOORD HOM: ‘N MAN HET OPGEKOM ONS TEGEMOET EN
AAN ONS GESÊ: GAAN TERUG NA DIE KONING WAT JULLE GESTUUR HET, EN
SPREEK MET HOM: SO SÊ DIE HERE: STUUR JY, OMDAT DAAR GLAD GEEN GOD
IN ISRAEL IS NIE, OM BAÄL-SEBUB, DIE GOD VAN EKRON, TE RAADPLEEG?
DAAROM SAL JY VAN DIE BED WAAR JY OP GEKLIM HET, NIE AFKOM NIE,
WANT JY SAL SEKERLIK STERWE.”
BAAL SEBUB BETEKEN “LORD OF THE FLIES” HY LE SY VROT EIERS OP ALLES
WAT SKOON EN VUIL IS.
MATTHEUS 12:24
“MAAR TOE DIE FARISEËRS DIT HOOR, SÊ HULLE: HY DRYF DIE DUIWELS NIE
ANDERS UIT AS DEUR BEËLSEBUL, DIE OWERSTE VAN DIE DUIWELS, NIE.”
JODE PRAAT VAN “LORD OF THE DUNGHILL” WANT HY IS ALLES WAT VUIL IS.
DIT IS SY VERDORWE NATUUR.
2) HY WORD GENOEM BELIAL
2 KORINTHIERS 6:15
“EN WATTER OOREENSTEMMING HET CHRISTUS MET BÉLIAL, OF WATTER
AANDEEL HET DIE GELOWIGE MET DIE ONGELOWIGE?”
BELIAL BETEKEN OM WETTELOOS TE WEES.
KJV PRAAT VAN “THE SONS OF BELIAL” DEUT. 13:13 BESKRYF DIT AS
“DEUGNIETE”
ASOOK ELI SE SEUNS IN 1 SAM.2:12
DIE VERDORWE NATUUR OM WETTELOOS TE LEWE.
3) HY WORD GENOEM DIE OU DRAAK
OPENBARING 12:7
“EN DAAR HET OORLOG IN DIE HEMEL GEKOM: MÍGAEL EN SY ENGELE HET
OORLOG GEVOER TEEN DIE DRAAK, EN DIE DRAAK EN SY ENGELE HET OORLOG
GEVOER;”
DRAAK BETEKEN OM VOORTDURENDE KONFLIK TE VEROORSAAK EN OORLOG
TE MAAK
4) HY WORD GENOEM DIE BOSE
MATTHEUS 6:13
“EN LEI ONS NIE IN VERSOEKING NIE, MAAR VERLOS ONS VAN DIE BOSE. WANT
AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK EN DIE KRAG EN DIE HEERLIKHEID TOT IN
EWIGHEID.”
GRIEKS SE “BOSE EEN”
DIT IS SY VERDORWE NATUUR.
5) HY WORD GENOEM MOORDENAAR
JOHANNES 8:44
“JULLE HET DIE DUIWEL AS VADER, EN DIE BEGEERTES VAN JULLE VADER WIL
JULLE DOEN. HY WAS ‘N MENSEMOORDENAAR VAN DIE BEGIN AF …”
SY VERDORWE NATUUR OM ALLES DOOD TE MAAK.
6) HY WORD GENOEM LEUENAAR
JOHANNES 8:44
“…N MENSEMOORDENAAR VAN DIE BEGIN AF EN STAAN NIE IN DIE
WAARHEID NIE, OMDAT DAAR IN HOM GEEN WAARHEID IS NIE. WANNEER HY
LEUENTAAL PRAAT, PRAAT HY UIT SY EIE, OMDAT HY ‘N LEUENAAR IS EN DIE
VADER DAARVAN.”
HY KAN NIKS ANDERS WEES AS DIT. DIT IS SY PERVERSE VERDORWE NATUUR.
C. SY BEGEERTE OM TE REGEER – 3 NAME
1) HY WIL REGEER DEUR DIE GOD VAN HIERDIE WERELD TE WEES.
2 KORINTHIERS 4:4
“NAAMLIK DIE ONGELOWIGES IN WIE DIE GOD VAN HIERDIE WÊRELD DIE
SINNE VERBLIND HET, SODAT DIE VERLIGTING VAN DIE EVANGELIE VAN DIE
HEERLIKHEID VAN CHRISTUS, WAT DIE BEELD VAN GOD IS, OP HULLE NIE SOU
SKYN NIE.”
2) HY WIL REGEER AS DIE OWERSTE VAN DIE DUIWELS – DIE PRINS
“MAAR DIE FARISEËRS HET GESÊ: DEUR DIE OWERSTE VAN DIE DUIWELS DRYF
MATTHEUS 9:34
HY DIE DUIWELS UIT.”
3) HY WIL REGEER AS DIE OWERSTE VAN DIE MAG VAN DIE LUG
EFESIERS 2:2
“WAARIN JULLE TEVORE GEWANDEL HET VOLGENS DIE LOOP VAN HIERDIE
WÊRELD, VOLGENS DIE OWERSTE VAN DIE MAG VAN DIE LUG, VAN DIE GEES
WAT NOU IN DIE KINDERS VAN DIE ONGEHOORSAAMHEID WERK,”
D. SY MANIER OM TE MANIPULEER – 5 NAME
1) HY MANIPULEER AS DIE TEESTANDER
1PETRUS 5:8
“WEES NUGTER EN WAAKSAAM, WANT JULLE TEËSTANDER, DIE DUIWEL, LOOP
ROND SOOS ‘N BRULLENDE LEEU, EN SOEK WIE HY KAN VERSLIND.”
2) MANUPULEER SOOS N BRULLENDE LEEU
1PETRUS 5:8
“WEES NUGTER EN WAAKSAAM, WANT JULLE TEËSTANDER, DIE DUIWEL,
LOOP ROND SOOS ‘N BRULLENDE LEEU, EN SOEK WIE HY KAN VERSLIND.”
3) MANUPILEER SOOS N ENGEL VAN DIE LIG
EN GEEN WONDER NIE! WANT DIE SATAN SELF VERANDER HOM IN ‘N ENGEL
2 KORINTHIERS 11:14
VAN DIE LIG.
4) MANUPILEER AS DIE DUIWEL 40 KEER
DUIWEL IS “DIABOLOS” WAT “DIA” IS DEUR EN “BALLO” IS OM TE GOOI. OM
DEUR MEKAAR TE GOOI.
OM AANHOUDEND IETS TE GOOI MET DIE DOEL OM DEUR TE DRING.
VOORTDURENDE HOUE OP ONS GEDAGTES OM DEUR TE DRING OM MY
MAGTELOOS TE MAAK.
5) MANUPILEER AS DIE SATAN – 50 KEER IN DIE OT EN NT
SATAN BETEKEN AANKLAER EN OM TE HAAT.
SAGARIA 3:1-3
“DAARNA HET HY MY JOSUA, DIE HOËPRIESTER, LAAT SIEN, TERWYL HY VOOR
DIE ENGEL VAN DIE HERE STAAN, EN DIE SATAN AAN SY REGTERHAND STAAN
OM HOM AAN TE KLAE. TOE SÊ DIE HERE AAN DIE SATAN: MAG DIE HERE JOU
BESTRAF, O SATAN! JA, MAG DIE HERE, WAT JERUSALEM VERKIES HET, JOU
BESTRAF! IS HIERDIE EEN NIE ‘N BRANDHOUT WAT UIT DIE VUUR GERUK IS
NIE? EN JOSUA WAS BEKLEED MET VUIL KLERE, TERWYL HY VOOR DIE ENGEL
STAAN.”
OPENENBARING 12:10
TOE HOOR EK ‘N GROOT STEM IN DIE HEMEL SÊ: NOU HET DIE HEIL EN DIE
KRAG EN DIE KONINGSKAP DIE EIENDOM VAN ONSE GOD GEWORD, EN
DIE MAG VAN SY CHRISTUS; WANT DIE AANKLAER VAN ONS BROEDERS IS
NEERGEWERP, HY WAT HULLE AANKLAAG VOOR ONSE GOD, DAG EN NAG.
WAT GEBEUR AS IEMAND VOORTDUREND AANGEKLA WORD. HY MANUPILEER
DIE BESKULDIGDE EN DIE REGTER SOOS IN N HOF.
OM NA DIE VOLLEDIGE BOODSKAP TE LUISTER:
DS JOHAN BOTHA PREKE