Wie sal Ek stuur en wie sal gaan? Ian Waterson

Jesaja 6  Lees

Tema: Vers 8 Wie sal Ek stuur en wie sal gaan?

Inleiding:

·         2 jong Moraviese manne gehoor van eiland in Wes-Indië, 2000-3000 slawe aangehou word deur Britse athiës.

·         Britse athiës gesê: geen prediker, geen sendeling sal op hierdie eiland bly nie.

·         As sendeling, predikant skipbreuk lei, sal hom/haar in aparte huis hou totdat hy/sy weer kan gaan.

·         Maar hy gaan nooit dat iemand met hulle op hierdie eiland van God praat nie, hy is klaar met daardie nonsense.

·         3000 slawe van die woude van Afrika is gebring na hierdie eiland in die Atlanties en hulle is daar om te lewe en dood te gaan sonder om van Jesus Christus te hoor.

·         Hierdie 2 Moraviese manne het hiervan gehoor.

·         Hulleself verkoop aan die Britse athiës en die geld wat hulle gekry het, het hulle gebruik vir hulle reis na hierdie eiland, die Britse athiës wou hulle nie self vervoer nie.

·         Soos die skip die rivier verlaat by Hamburg vaar hy uit op die Noord See aangedryf deur die gety, kom die families van hierdie 2 jong Moraviese manne om hulle te groet. Die 2 jongmanne is in hulle twintigs en is nie van plan om weer terug te kom nie.

·         Want hierdie was nie ‘n 4 jaar uitreik aksie nie, hulle het hulleself vir ‘n leeftyd van slawerny verkoop om as christene onder hierdie slawe te leef.

·         Hulle families was daar, huilend, want hulle het nie geweet of hulle ooit weer hierdie 2 jongmanne gaan sien nie.

·         Hulle het gewonder hoekom hierdie 2  jongmanne gaan en die wysheid daarvan bevraag teken.

·         Soos die skip verder en verder oor die oseaan vaar, hak die een jong man by die ander een in, lig sy hand en skree die laaste woorde wat ooit van hierdie 2 jong Moraviese manne gehoor is.

·         Die woorde was: “ May the Lamb that was slain receive the reward of His suffering!!! “

En dit het later die leuse geword van die Moraviese sending. “ May the Lamb that was slain receive the reward of His suffering!!! “

Mag dit die enigte rede wees hoekom ons lewe en mag dit die enigte rede wees hoekom ons die Here dien en vir Hom werk, sodat: “ die Lam wat geslag is, die vrug van die moeitevolle leiding van Sy siel sal ontvang! “

God roep elkeen van Sy kinders om vir Hom ‘n getuie te wees. Vir sommige van ons roep Hy vir voltydse diens en ander om daar waar hy/sy werk, skool gaan, studeer, leef om daar vir Hom ‘n getuie te wees en met mense oor hulle siele te praat.

Die Here sê: “ Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? “ Sal ons nie dieselfde as Jesaja antwoord nie en sê “ Hier is ek, stuur my! “ As die Here my roep vir voltydse diens sal ek nie sê Here hier is ek, stuur my, neem weg wat hinder en gee my ‘n las vir siele? Of as die Here my roep om vir Hom ‘n getuie te wees daar waar ek werk, skool gaan, studeer, leef sal ek nie sêHere hier is ek stuur my en gee my ‘n las vir die verlore gaande siele rondom my nie?

 Kom ons gaan kyk ‘n bietjie na Jesaja se roeping:

Vers 1 en 5…

   Jesaja het tyd met die Here spandeer, Jesaja was in die teenwoordigheid van die Here,Jesaja het die Here van die Leërskare gesien.

Net so is dit vir ons noodsaaklik om tyd met die Here in Sy teenwoordigheid te spandeer.  Ek wil hê ons moet gou na 2 redes gaan kyk hoekom dit so belangrik is om tyd saam die Here in Sy teenwoordigheid te spandeer. Daardie tyd het die Here met Sy profete gepraat deur gesigte en drome.

Gesig van Jesaja

1Samuel 3:1  En die seun Samuel het die HERE gedien voor Eli, en die woord van die HERE was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.

Gen 31:11 En die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek!

Vandag praat die Here met ons deur Sy Woord, Sy Woord wat vlees geword het en onder ons kom bly het, nl die Here Jesus Christus.

 Heb 1:1  Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun

1ste rede…Om seker te maak ek is ‘n rein kanaal waardeur die Here kan werk. Toe Jesaja in die heilige teenwoordigheid van God kom, sien Hy dadelik hoe hy voor die Here lyk. Daar kom wys die Here vir Jesaja wat daar in sy lewe is wat skeiding maak tussen hom en God. Die Here kom wys vir hom dat hy ‘n man van onrein lippe is. Net dan en daar verootmoedig Jesaja hom daarvoor die Here en roep uit “ wee my ek is verlore, ek is ‘n man ontein van lippe…” en ‘n engel kom raak sy lippe aan met ‘n kool van die altar en sê vir hom “ jou skuld is weg en jou sonde versoen “Daar is Jesaja ‘n rein kanaal waardeur die Here kan kom werk, daar is ‘n skoom hemel tussen Jesaja en God.

O, hoe nodig het ons nie om seker te maak dat dat daar ‘n skoon hemel tussen ons en God is nie!? Ons moet nie dink daar is ‘n skoon hemel tussen my en God nie, nee ons moet seker maak dat daar niks tussen my en God is wat skeiding maak nie!!!

In 1 Samuel 4 kry ons ‘n voorbeeld van waar Israel gedink het daar is ‘n skoon hemel tussen hulle en God en dat God saam met hulle was, maar dit was egter nie die geval nie. Vanaf die 2de hoofstuk in 1 Samuel lees ons van die godeloosheid van Eli se seuns en hoe dit oor gegaan het na die volk. M.a.w. die volk het gedoen wat reg was in hul eie oë.

Hoofstuk 4 begin met Isreal en die Filistyne wat optrek om teen mekaar te veg en die Filistyne wat met die intrap slag ‘n slag slaan en 4000 Israeliete dood slaan.

Lees en verduidelik verse 3-7

O sal ons nie seker maak daar is ‘n oop hemel tussen ons en God nie, sal ons nie die Here vra om ons te behoed om ooit blind te raak vir ons sondes en te dink ek is O.K. nie.

Israel het gedink die teenwoordigheid van God was saam met hulle, maar hulle was alleen. God het Homself ontrek a.g.v. hulle ongetegtihede. God is heilig en ontrek van waar daar sonde/ongeregtigheid is, sonde/ongeregtigheid maak skeiding tussen God en die mens.

Net soos Israel gedink het dat God saam met hulle is, maar eintlik op hulle eie was, is daar mense wat dink dat God saam met hulle is, maar wat hul al reeds verlaat het a.g.v. volharding van sonde en ongehoorsaamheid in hul lewens. Hulle is soos Simson, gaan voort met hulle lewens en kom nie eers agter dat God van hulle gewyk het nie.

Liewe jongmaat, Mnr, Mev, Oom, Tannie is daar ‘n skoom hemel tussen u en God, of is daar iets wat skeiding maak tussen u en God of het dit al sover gegaan dat daar nie gebreek wil word met di twat skeiding maak tussen u en God en u dink soos Israel en Simson God is met u.

As daar iets is… die bloed van die Here Jesus Christus reinig van alle sonde. Jesus  het die volmaakte versoeningswerk aan die kruis van Golgotha gebring om ons te versoen met ‘n heilige God. Hy wag met ope arms vir my en vir u om soos Jesaja onsself voor Hom te verootmoedig en vir genade te roep, vergifnis te ontvang en sodoende daar ‘n oop hemel tussen ons en God is en ons ‘n rein kanaal kan wees waardeer Hy kan werk om by kosbare siele uit te kom.

Die geheim van Jesaja dat hy dan en daar homself voor die Here verootmoedig het is, hy was gebroke oor dit wat in sy lewe was wat die Here nie behaag het nie.Einde Augustus Duiwelskloof en Tzaneen, straatwerk en L.O. klasse. EG kerk Pta reeksdienste gehou, Ds Dirk Lourens gepraat oor gebrokenheid. En ‘n getuienis gegee van hoe die Here hom kom wys het hoe hy voor Hom lyk en hoe hy gebreek het voor die Here. Was ‘n kosbare boodskap daardie aand. So by myself gedink, ons bid dat die Here kinders by skool se harte moet sag maak, maar hoe kan ek verwag hul harte moet breek as my eie hart partykeer hard is, en vir die Here gevra, Here kom breek my eie hart oor dit wat in my lewe is wat u nie behaag nie. Gebroke harte verootmoedig maklik voor die Here.

Nou omdat daar ‘n skoon hemel is tussen God en Jesaja, daar niks is wat Jesaja verhinder om die stem van die Here te hoor nie, kan Jesaja deur God gevoed word en sodoende het hy iets geesteliks om vir ‘n verloregaande volk te gee. Nou kan hy met groot vrymoedigheid sê: “ Hier is ek, stuur my! “

En dit bring my uit by die 2de rede hoekom ons tyd in die teenwoordigheid van die Here moet spandeer. nl. Sodat ons geestelik gevoed kan word en iets geesteliks het vir ‘n verlore gaande wêreld daar buite te gee.

In Mattheus 14 lees ons van die eerste vermedering van die brode en in vers 15 en 16 lees ons…

Vers 15  En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.

Vers 16  Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.

    Ons kan alleenlik vir iemand iets gee as ons iets het om te gee. As ek nie het nie, kan ek nie gee    nie. Ons kan alleenlik iets geestelik vir ‘n verloregaande wêreld daarbuite gee as ek iets geesteliks het om vir hulle te gee. Ons sal alleenlik iets hê as ons tyd saam met die Here in Sy teenwoordigheid spandeer.

Illustrasies Rut Spurgeon

Maak ek en u tyd om tyd saam met die Here te spandeer? Ons leef in ‘n tyd waar alles ‘n gejaag is. Ons word so besig gehou dat ons nie by die Here uitkom nie en sodoende lei ons geestelik skade en het ons niks om vir ‘n verloregaande wêreld daar buite te gee nie.

Illustrasie Hudson Taylor

                                Het ons iets om vir die behoeftige siele rondom ons iets geesteliks te gee?Lied 138 “ Channels only “                                                      Vers 4 “ Just a channel full of blessing to the thirsty hearts around us. “

Is ek en u ‘n kanaal van seën vir die behoeftige siele wat elke dag rondom ons beweeg? Kane k en u soos Jesaja sê: Hier is ek stuur my, ek het iets om vir ‘n verloregaande wêreld daar buite iets te gee?

Kom ons gaan kyk volgende na die arbeids veld van Jesaja.Verse 9+10…Toe Jesaja dit hoor, dink ek hy moes so bietjies mismoedig geword het, ek meen die volk gaan hoor maar nie verstaan nie, hulle gaan sien maar nie bemerk nie.

Dink u sal saam met my stem as ek sê die toestand vandag is nie baie anderste nie. Ons reik uit na mense toe, by die werk, by die skool, daar waar ons studier waar okal, want ons is bekommert oor waar hulle die ewigheid gaan spandeer, dan kry ons ‘n afjak, ‘n ek stel nie belang nie en ons word gespot en sodoende word ons ook mismoedig.  Ek meen jy gaan in liefde, jy is bekommert oor hulle siele en hulle stel eenvoudig net nie belang nie en hulle dink jy is nie lekker nie.

Getuienis Barberton – mismoedig Hudson Taylor en suster – traktaatjies Rut are optel, net gegaan, nie geweet Boas se grond nie Ons moet net getrou wees om te gaan!

Maak nie saak hoe hopeloos die omstandighede rondom ons lyk nie, sal ons nie Jesaja se voorbeeld volg in Jesaja 64 nie? In Jesaja 63 lees ons van die goddelose toestand van die volk en in hoofstuk 64 roep Jesaja uit…

 “ Ag, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig “    

Sal ons nie soos Jesaja tot die Here roep dat Hy die hemele sal skeur en sal neerdaal nie?!Die Here is getrou, as ons tot Hom roep om die hemele te skeur en getrou is om te gaan met iets vir ‘n verloregaande wêreld, maak nie saak waar nie, by die werk, by die skool, waar ek studeer of voltyds sal Hy ag gee en wonder werke kom doen.  

Getuienis Phalaborwa – paartjie van straatwerk

Die Here roep elkeen van Sy kinders: “ Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? “ Wat is u en my antwoord?

1)    Hier is ek stuur my?

2)   Of moet ek eendag met skaamte voor Hom staan en sê: “ I wish I had given Him more! “

Beautiful face, thorn-shadowed face,    welcoming hands, nailriven hands

Wat is u en my antwoord op die here se roepstem?

Slot:           Brief vanuit die hel

·         Daar was 2 vriende. Die een vriend het baie geleenthede gehad om sy vriend van die Here Jesus te vertel, maar het nie.

·         Hulle was beste vriende, hulle het alles saam gedoen, saam rugby gespeel, was in selfde klas, saam gekuier, hul alles saam gedoen.

·         Hulle het mekaar se lewens met mekaar gedeel, maar daar was 1 ding wat die 1 vriend van die ander vriend weer hou het en dit was sy persoonlike verhouding met die here Jesus Christus.

·         Die res van die storie is eenvoudig en hartseer

‘n Paar biere te veel, ‘n tragiese rit huis toe, ‘n ongeluk, die dood, ‘n begrafnis, ‘n brief.So volg die brief… getiteld Brief vanuit die hel.

Geagte vriend

·         Ek het vandag gesterwe. Dit is baie anderste as wat ek gedink het. Jy sien, ek het altyd gedink dat die dood my sal bring na ‘n wêreld wat mistig en vaag is, maar hierdie plek is Kristal helder. Dis meer werklik as my lewe op aarde.

·         Ek kan dink, ek kan praat, ek kan tot voel. Net na die botsing, kon ek voel hoe my gees my liggaam verlaat, dit was die eienaardigste ding.

·         Eerste het ek in ‘n lang ry gestaan, seker om te registreer, so dink ek. Hulle vra toe vir my naam en begin te kyk in ‘n boek, die boek van die lewe soos hulle dit noem.

·         Ek dink hulle kon nie my naam in die boek kry nie, die groot engel wat langs my staan gryp my aan die arm en begin om my weg te sleep. Ek was vrees bevange, ek het geen idee gehad wat aangaan nie.

·         Ek vra toe vir die engel waarnatoe neem hy my, maar hy het nie geantwoord nie. So ek vra hom weer en uiteindelik antwoord hy my.

·         Net die wie se naam in die boek van die lewe opgeteken is kan die hemel ingaan, die res word veroordeel hel toe vir ewig.

·         Ek was bang. Die engel gooi my toe in ‘n tipe van ‘n aanhouding sel waar ek gesit en gedink het vir ‘n baie lang tyd. Wil jy weet waaroor ek gedink het?

·         Ek het aan jou gedink. Jy is ‘n christen, jy het self vir my gesê. Ek meen ons het vandag op 3 verskillende maniere daaroor gepraat. Die rugby afrigter het dit vandag genome en jy het dit net afgelag en die onderwerp verander. Die onderwerp het weer opgekom voor die ongeluk.

·         En die vraag wat ek nie uit my gedagtes kan kry nie is: Hoekom het jy nooit met my gepraat en my vertel hoe om ‘n christen te word nie?

·         Ek meen jy sê jy is my vriend, as jy regtig my vriend was sou jy my vertel het van Jesus, jy sou my vertel het hoe om hierdie verskriklike plek te ontsnap waarnatoe ek oppad is.

·         Ek kan voel hoe my hart hier in my borskas klop. Die engele wat gekies is om my in die hel te werp is oppad, ek kan hulle hoor aangestap kom. Ek het gehoor van hierdie hel, hulle noem dit die poel van vuur. Ek kan dit nie meer vat nie, ek is dood bang!

·         Die engele is hier by die deur, o nee, nee!!!

·         Hulle kom vir my, hulle dra my uit die sel. Ek kan alreeds die vuur en swawel ruik. Ek sien die einde van die afgrond nader en nader kom. Dit is dit. Ek is sonder hoop.

·         Vuur, pyn, hel vir ewig!!!

·         Hoekom het jy my nooit van Jesus vertel nie? Hoekom nie!?

Geteken jou vriend

P.S. Ek wens jy was hier!

Liewe Ian, jongmaat, Mnr Mev, Oom Tannie gaan daar eendag mense na ons toe kom met ‘n ewige dankbaarheid in hulle harte en vir ons dankie sê, dankie dat maak nie saak hoe moeilik die omstandighede was nie dankie dat ons die evangelie van die Here Jesus Christus met hulle gedeel het, die Here Jesus het my siel kom red en vandag sal ek saam Hom in die paradys wees.

Of…

Gaan ons eendag moet hoor, hoekom het jy nooit vir my van die Here Jesus vertel nie, hoekom?! Jy was by my huis, saam my gewerk, saam my op skool, saam my gestudeer ons het saam gekuier, hoekom het jy my nooit van die Here Jesus vertel nie? En nou is ek oppad na ‘n ewigheid toe sonder hoop. Hoekom?!

O vriende, die Here roep ons Sy kinders Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Sal ons antwoord nie wees, Hier is ek Here, stuur my!!!

Amen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00