Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE
tjcloete@absamail.co.za
Baie mense het al die oorsprong van die Kersboom gedebateer met selfs erkenning aan Martin Luther, hoewel dit nie onomwonde bewysbaar is nie. Die oorsprong blyk uit Duitsland te wees in die 1600s. Dit was eers in die 1700s dat daar histories opgeteken is dat liggies aan die Kersboom gehang is. Volgens Wikipedia word daar “elke jaar”, 33 tot 36 miljoen Kersbome in Amerika geproduseer, en 50 tot 60 miljoen in Europa. In 1998, was daar ongeveer 15,000 verbouers in Amerika (‘n derde waarvan ‘kies en fel’ plase was). In daardie selfde jaar, word beweer dat Amerikaners $1.5 biljoen spandeer het op
bome.
Die Kersboom kan as beeld gebruik word op die volgende manier:
a) Immergroen Boom
Immergroen kan ‘n illustrasie wees van die Ewige lewe wat Christene deelagtig is in Jesus Christus. Joh 3:15
b) Vrugte aan bome hang
Honderde jare gelede was Kersbome gebruiklik met vrugte versier wat later vervang is met die ornamente wat vandag gebruik word.Dit kan ‘n beeld wees van die vrug van die Heilige Gees wat in elke Christen se lewe teenwoordig behoort te wees. Gal 5:22
c) Die boom self
‘n Boom gebruik om Christus se geboorte te gedenk kan die feit illustreer dat Jesus vir hierdie doel gebore is, naamlik om aan ‘n boom te sterf (i.e. die kruis). Hy was gebore om te sterwe. Hndl 5:30
d) Die geskenke onder die boom
Dit kan ‘n beeld wees van hoe God die grootste geskenk ooit gegee het deur die kind Jesus Christus te skenk aan die wêreld. Die gemeente kan ook herinner word dat hulle nie Sondag- of Kersfees-Christene moet wees nie. Hulle moet nie net goed wees op Sondae en vir hulself leef die res van die week nie. Hulle is ook nie veronderstel om uitdelers van geskenke te wees slegs op Kersdag, terwyl hulle die res van die jaar suinig is nie. Math10:08
Aanhaling
“Wyse manne soek nogsteeds Jesus”
– (Bron onbekend)