Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VROUE SE BEHANDELING DEUR CHRISTUS!

 

Ek is seker almal weet dat vroue in die Romeinse era en Joodse kultuur as minderwaardig hanteer is.

 

Christus Jesus se hantering en behandeling van die vrou was heeltemal anders.

 

1. CHRISTUS JESUS HET DIE VROU SE WAARDE ERKEN..

 

Het jy geweet dat ’n vrou ook ’n mens is? Sy het ’n lewe gehad voor haar kinders, ’n lewe met die kinders in die huis en sal ook  lewe nadat hulle uit die huis is. Dus het die vrou groot waardes wat ons elkeen moet erken. Christus het die waarde van die vrou erken deur hulle gelyk te stel aan die man:- Mat 19:4  En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie,  In Christus se tyd is daar nie sommer met die vrou in die openbaar gepraat nie – Christus het dit gedoen met die Samaritaanse vrou by die put. Ander het Hy “dogter” of “dogter van Abraham” genoem. Die vrou is nie slegs ’n seks objek nie deurdat Christus gesê het dat wie na ’n vrou kyk en haar begeer dit sal sonde wees van owerspel/hoerery.

 

2. CHRISTUS HET DIE VROU ERKEN DEUR VIR HULLE TE PREEK.

 

Christus het talle vroue genees en ook duiwels uit hulle gedryf. Hy het die weduwee se seun uit die dood laat opstaan. Hy het die vrou wat 12 jaar aan bloedvloeiing gely het genees en daarna die dogterjie opgewek. Dan ook het hy Martha en Maria in Joh.4 geleer by die graf van hul broer. Dink net daaraan hoe hy met die vrou by die put die wonderlike Evangelie waarhede gedeel het, net soos Hy dit met Nikodeumus gedoen het.

 

3. CHRISTUS HET DIE VROU ERKEN DEUR NA HULLE TE VERWYS IN SY 

 

    PREDIKING.

 

 ’n Mens kan maar net dink hoe die vroue gevoel het in die tyd van die man-gedomineerde tydperk. Hulle hoor van die suurdeeg in die brood, die twee vroue wat op die land werk, die vrou wat die muntstuk verloor het, en so kan ons talle meer noem. Die vroue word genoem by die troue in Kana en dan ook by die kruis gebeure. Dit is ’n vrou wat Sy voete gesalf het asook Sy hoof. Dit is die vroue wat gegaan het om Jesus se liggaam te salf.

 

Weet vandag dat Christus gee vir vroue om. Wie is ons om die vrou se rol in die samelewing te verag? Wie is ons om die vrou te verkleineer? Wie is ons om die vrou te verag?   

 

GEBED

 

Here, dankie vir die vroue in my lewe! Ek verbind my om hulle te eer. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00