Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za


PREEK OF PRAKTISEER?


Die verhaal word vertel van die getroude paartjie wat albei doktore was. Die een was ’n doktor in teologie en die ander was ’n doktor in medisyne.


So gebeur dit gereeld dat die deurklokkie lui. Die bediende sal dan die deur beantwoord en dan sal die mense vra om met die doktor te praat. Die bediende sal dan vra:- “ Die een wat preek of die een wat praktiseer?”


 Hoe baie mense in die tyd waarin ons lewe ken nie die teorie van die teologie nie. Hulle weet van Christus Jesus en van die uitstorting van die Heilige Gees. Hulle ken die gebooie van om nie te steel en nie te begeer en nie die Naam van die Here te gebruik nie. Hulle weet van weergeboorte dat dit ’n vereiste is vir die hemel en weet van die stryd tussen die vlees en die gees. Hulle is bewus daarvan dat hulle moet bid en die Bybel moet bestudeer om geestelik te kan groei. Hulle weet dat God verwag dat ons NIE met onvergewingsgesindhede moet lewe nie! Dan praat ons nie eers oor die kennis van die hemel en die hel – die Here God en die Satan! O- en wat van alles wat daar in Galasiers 5 bekryf word wat ons nie moet wees nie :- nie owerspel , hoerery , afgodery , towery , vyandskap , twis , jaloersheid , naywer , partyskap , dronkenskap , afguns, moord , en so kan ons aangaan.


Ja – God verwag van ons die liefde , blydskap, vrede , lankmoedigheid , vriendelikheid , goedheid , getrouheid , sagmoedigheid , selfbeheersing.


Hoe lyk jou lewe? Preek jy of praktiseer jy daagliks jou Geestelike lewe aan die wêreld?


ROM. 12:11  wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;


GEBED


Vader, daar is tye wat ek preek en nie praktiseer nie! Ek stel my ywer daartoe in om U volkome te dien met my hele hart! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00