Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

 

 

 

OWERSPEL VERGIFNIS

 

 

 

 

Wanneer ’n kind van God bedink dat God hom/haar vergewe het vir dit wat hy/sy gedoen het, dan kan hy daardie vergifnis oordra na ander ten spyte van wat hulle gedoen het.

 

 

 

 

’n Kind van die Here het hierdie stelling as waar beleef in sy lewe. Sy vrou was ’n alkoholis en sy het hom vertel van ’n verhouding wat sy met sy beste vriend gehad het tien jaar gelede. Sy het vir hom gesê dat sy soveel skuldgevoel gehad het, dat sy die bottel as uitkoms gesien het. Toorn en haat het oor hom gespoel want sy vrou se drank probleem het bitterheid by die kinders gebring en het bykans hul huwelik en gesin verbrokkel. Hy was ook diep geskok en seer gemaak aan die gedagte dat sy beste vriend, het sy vertroue wat hy vir hom gehad het, verbreek en misbruik. Dit is toe al die gedagtes deur hom gaan, dat hy die woorde van die Here Jesus onthou : – MATT. 6:12  “en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; “

 

 

 

 

Terwyl hy aan God se genade dink, het hy gebid dat die Here hom sal help om die Christelike daad, wat God van hom verwag, te doen.

 

 

 

 

Die volgende keer dat hy weer sy vriend ontmoet het, het hy met trane in sy siel sy hand na hom uitgesteek en dit vas gevat en vir die eerste keer in sy lewe het hy geweet wat dit is om te vergewe. Hy het gevoel hoe die laste van bitterheid van hom val. Hierdie vryheid het gemaak dat hy weer die muur van verwydering kon afbreek tussen hom en sy vrou en dat hy sy vrou weer lief gekry het. Die oomblik toe hy vir haar sê dat hy haar vergewe en dat hy haar aanvaar net soos wat hy haar aanvaar het die eerste dag voor die kansel, het die helings werk wonderbaarlik voortgegaan in sy lewe.

 

 

 

 

Vriend/in as God dit vir ander kan doen in hul lewe – hoekom sal Hy dit nie ook vir jou doen nie? Jy is vir Hom net so belangrik soos elke ander persoon op hierdie aarde! Buig voor jou eie haat en verwyte en vergewe jou maat en begin ‘n pad van heling in jou lewe en in die van jou gesin.

 

 

 

 

GEBED

 

Here, my God, ek vergewe hulle wat my soveel pyn gegee het! Herstel ons verhouding tot U eer. Vader, kom my te hulp! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00