HUWELIK KONFLIK EN DIE VURKHYSER.

Diana Fittipaldi het aan die regter verduidelik dat sy haar huis met ’n vurkhyser “aangeval” het, as gevolg van ’n lang vete met haar man oor die huishouding.

 

Sy het verduidelik, dat haar man, Oliver , ’n afskuwelike netheids perfeksionis is en dat hy haar teen die mure uitdryf om alles netjies te hou.

 

Hulle het die dag geargumenteer oor die wyse hoe die plekmatjies op die eetkamerstel moet wees. Diana het ‘n 6000kg vurkhyser, met lugbande, gehuur en dit deur die voorste muur van hul huis gery. Sy het die eetkamerstel verwoes met die vurkhyser.

 

“Oliver het op haar geskreeu waar sy vurk veronderstel is om te wees op die plekmatjie, en toe het ek geredeneer, ek sal dit vir hom met ’n vurkhyser reg skuif.”- het Diana verduidelik.   

 

Die bure het getuig dat Diana se oë wild was asook verbysterd tydens die insident.  Sy het ook die hele tyd geskreeu:-  “ Vurk hier!” , terwyl haar man in die kombuis  skuiling gesoek het. 

 

Die les uit hierdie ware verhaal is, moet nooit met ’n vrou trou wat weet hoe om met swaar toerusting te werk nie!

 

Efes. 4:26 “Word toornig en moenie sondig nie;”

 

GEBED

 

Vader, dit kan so maklik gebeur dat ons as mens in ’n konflik situasie beland. Gee vir my die wysheid om plek te maak vir ander in die lewe. Here, ek wil nie dat my toorn in sonde verander nie? AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00