HOU OP STRES!

Ek het die verhaal gehoor van die man wat dokter toe gegaan het as gevolg van pyne in sy liggaam. Die dokter het hom ondersoek en gevind dat daar fissies geen fout met hom is nie. Die dokter het gesê dat die pyne is as gevolg van stres en  bekommernis. Hy het voorgestel dat die man na ’n berader toe gaan en sy verhaal vir hom vertel.

Die dokter het ook vertel dat hy net laas week so ’n probleem gehad het. ’n Man het hom kom sien as gevolg van pyne in sy liggaam en dat hy ook gevind het dat daar fissies geen fout met hom is nie. Hy het toe ook vir hom genoem dat die pyne as gevolg van bekommernisse en stres kan wees. Die pasiënt het toe erken dat hy ’n bekommernis het , naamlik dat hy iemand R5000-00 skuld en hy dit nie kan betaal nie. Die dokter het toe voorgestel dat hy die skuld moet opskeur en weggooi want dit is nie die moeite werd om oor R5000-00 wat op papier staan te stres nie.  Die man het toe gedoen wat ek vir hom voorgestel het en nou gaan hy aan met sy lewe en hy voel sommer baie goed.

Die pasiënt het toe gesê:- “ Wel , ek is die man vir wie hy die R5000-00 skuld!”

1 PETRUS 5:7  Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

FILIP. 4:6  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

GEBED

Vader, ek gee vandag my bekommernis aan U en ek onderwerp my aan U wil vir my lewe! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00