HET JY VERGEET?

In 1923 het ’n geweldige, kragtige aardbewing Japan getref. Vyf groot stede was in die slag en sewe miljoen mense betrokke in die aardbewing. Elke gebou in Yokohama is vernietig en driekwart van Tokyo is vernietig deur brande. Daar is geraam dat 300 000 mense dood is en dat twee en ’n half miljoen mense sonder huise was. Daar het geweldige wanhoop en siektes onder die mense uitgebreek. Japan was moedeloos en hulle het nie die nodige hulpmiddelle gehad vir die mense nie.

 

Amerika het vir hulle klere , kos , medisyne en noodwerkers gestuur. Amerika het ook $ 10 miljoen vir Japan gegee. Japan was baie dankbaar teenoor die Amerikaners vir die hulp vir hulle mense.

 

MAAR JAPAN HET VERGEET.

 

Dit was slegs agtien jaar later dat Japan Pearl Harbour gebom het en talle Amerikaners het gesterf. Skade van miljoene dollars is opgedoen toe al die skepe sink, toerusting vernietig is en vliegtuie wat stukkend geskiet is.

 

Japan is nie die enigste wat vergeet het nie.

 

JEREMIA 2:32 “Kan ‘n jonkvrou haar versiersel vergeet, ‘n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.”

 

Hoeveel seën het Israel nie van God ontvang nie? Dink hoe het God hulle in die woestyn onderhou? Dink aan die versorging? Hoeveel keer het God nie Sy volk gehelp in oorloë nie? MAAR hulle het God vergeet!!!

 

Het jy vergeet hoe lief die Vader jou het? Het jy vergeet dat die Seun se bloed jou kan was van alle sonde? Het jy vergeet dat die Heilige Gees jou lei en bewaar en versterk? Moenie God vergeet nie?? Dien Hom met jou alles wat jy is en het?!

 

GEBED

 

Here , ek aanvaar alles wat U vir my doen! Baie dankie daarvoor? Ek wil en sal U nie vergeet nie en daarom onderneem ek om U te volg en U gebooie te onderhou, soos wat U dit van my verwag. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00