HARDE WERK.

’n Predikant het eendag ’n twaalf-jarige seuntjie na sy huis gebring omdat niemand na die kind kon omsien nie. Sy ouers het gesterf aan ’n oordosis dwelms.

 

Hierdie seun het in die begin baie moeilik in die “vreemde” huis aangepas omdat dit ’n huis was wat vry van dwelm verslaafde ouers was.

 

Daagliks moes daar in die huis gehoor word:- “ Nee, nee, nie so nie ,jy hoef nie te skreeu of te veg of ander seer te maak om iets te kry nie”, of

 

“ Nee, nee jy moet respek toon vir die ander in die huis.”

 

Met tyd het die seun verander. Hierdie verandering het met harde werk gekom, maar hy was gemotiveer om te verander omdat hy alle tye liefde ontvang het.

 

Het jy dan ook nou harde werk om te doen , noudat die Heilige Gees in jou hart woon? Ja, verseker, maar nie om ’n kind van God te word nie. Jy verander omdat jy wel ’n kind van God is.

 

Elke keer as jy wil terug gaan na die ou sondige weë, dan is die Heilige Gees daar om te sê: “ Nee, nee nie so nie , dit is nie hoe ons in hierdie familie optree nie.”

 

ROMEINE 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

 

GEBED

 

Dankie HERE vir die Heilige Gees wat my lei om te verander tot U eer. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00