EVANGELIEVLAMME

CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

EVANGELIEVLAMME.

Hierdie verhaal het in China afgespeel gedurende die era van die Rooi Wagte in die jare 1966-1969.

Tien broers en susters in Christus is gevange geneem, geslaan en vasgebind. Met trane wat oor hul gesig stroom,het hulle gepreek, en gemaak dat verbygangers en straatverkopers, Christene en nie-Christene gaan stilstaan en luister. Selfs fortuinvertellers is deur die Heilige Gees aangeraak en tot trane gedwing. Baie mense wat die Woord gehoor het, het vergeet om te eet, te werk of selfs terug te gaan huis toe.

Die broers en susters het gepreek totdat hulle uitgeput was en nog wou die skare hulle nie laat gaan nie. Die owerhede het egter gekom en die Christene een vir een weggesleep, met toue vasgebind en hulle met elektriese skokstokke geslaan totdat hulle bewusteloos was. Toe hulle weer bykom, het hulle voortgegaan om te bid, te sing en vir die omstanders te preek.

Terwyl hulle vasgebind en geslaan is, het baie mense ’n vreemde uitdukking op hulle gesig waargeneem en tot hulle verbasing het die skare gemerk dat hulle glimlag. Hulle gees en voorkoms was so vol lewe en grasie dat talle mense net deur hulle voorbeeld daartoe gelei is om in Jesus Christus te glo.

Broers en susters in daardie gebied wat hulle so gesien het – vasgebind en geforseer om vir meer as drie dae sonder kos of water op die grond te kniel terwyl hulle met stokke geslaan is totdat hulle gesig vol bloed en hulle hande swart was van die toue en steeds besig met gebed en lofprysing aan God – het ook gewens om aan die vervolging deel te hê. In hierdie gebied het die vlam van die evangelie onlangs ver en wyd versprei.

                                                                                              UIT:- FANATIES VIR JESUS

2Ti 2:9  waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos ‘n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie.

:10  Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.

GEBED

Here, ek het nog nie so vir die Evangelie gely nie, maar ek bid vir mede broers en susters in tronke en vervolging dat hulle in U sal staan tot die end. AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00