DIE MAN WAT 911 VOORSPEL HET!

Daar was op, “The History Channel”, ’n program met die titel “ The Man Who Predicted 911”.  Hierdie program het gefokus op een man met die naam Rick Rescorla. Hy het lank voor die gebeurtenis van 911 voorspel dat Osama Bin Laden die twee torings in Amerika gaan aanval. Hy was die hoof van sekuriteit van die Morgan Stanley Bank en hy het as ‘n 62 jarige ’n ontruimings program saam gestel vir die personeel. Al die personeel van die bank het gedink dat Rick is nie by sy volle positiewe nie.

September 11, 2001 het die eerste vliegtuig om 08h46 in die eerste toring gevlieg. Rick het dadelik begin om die 2800 mense wat in die bank werk te ontruim.  Gedurig het hy die mense herrinner dat hulle moet trots wees om Amerikaners te wees. Hy het liedere gesing om hulle te kalmeer en gesê dat more sal almal oor hulle praat. Rescorla het al die mense, 2800, van die bank asook talle ander mense wat in die toring gewerk het uit die gebou gehad toe die tweede vliegtuig om 09h07 in die tweede toring bots.

Nadat almal veilig was, het Rescorla terug gegaan in die gebou om ander mense te gaan help- drie het hom gevolg –  en is hy die laaste keer op die tiende verdieping gesien toe die gebou inmekaar stort. Rescorla se liggaam is nooit gevind nie maar hy was die held van duisende mense.

Rescorla het sy vrou , Susan, en twee kinders agter gelaat.

JAKOBUS 5:19  Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,

JAKOBUS5:20  laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek.

Sal jy gaan en ‘n siel vir die Here gaan wen?- Al kos dit jou dood?

Hoe baie mense het vandag die “Kain-sindroom”? Hulle moet met hul tong getuig en hul lewe getuig dat hulle kinders van God is , maar dan het hulle die gesindheid van – IS EK MY BROER SE WAGTER?

Die tyd word min en die kanse skraler – laat ons die siele vir die Here win!!

GEBED

Dankie Here dat die graf leeg is en U ons die nodige getuienis gee om siele vir U te win! Stel my instaat om te doen en te getuig soos U dit van my verwag? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00