SKRIFLESING: Filippense 2:1-18

Teks:  Filippense 2:13 

“….want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.”

Teks:  Filippense 2:13 

“….want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.”

Tema: Godsdiens wat uitwerk

Baie mense se godsdiens word beinvloed deur die dinge wat met hulle gebeur. Hulle lewe is soos n termometer. Dit verander voortdurig op en af deur die temperatuur van buite. Ander maak weer dat die dinge van buite wat verander beheer word om dieselfde te bly soos wat n  termostaat maak.

Ons noem die termometer lewe ook n val – en – opstaan godsdiens. Paulus self het dit op n stadium ondervind.

Romeine 7:15,16

Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is.

Nou is hy in die tronk en hy skryf hierdie brief aan die gemeente. Hy en Silas sing terwyl hulle in die tronk is. Die lewe van Paulus motiveer my om ook te verander.

Word daar verwag dat ek soos Paulus moet wees? Nee, hy se ons moet sy navolger wees soos hy dit van Christus was.

1 Korinthiers 11:1

  “Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.”

Lees weer Fil.2:4-10 en sien hoe moedig Paulus die mense aan om soos Jesus te word. Hoe sal ek dit doen? Hoe sal ek n godsdiens lewe wat die moeite werd is?

Om te doen wat die Here in my werk.

Deurdat ek werk dat my godsdiens uitwerk.

Dit wat maak dat ek soos Christus optree.

Daar is riglyne vir n godsdiens wat uitwerk nl:

Sekere dinge wat God in my werk.

Sekere dinge wat ek self moet uitwerk.

Die groot saak gaan oor my gehoorsaamheid.

Die godsdiens wat nie soos n termometer op en af is nie, is n godsdiens:

Waar mense nie murmureer.

Godsdiens wat aan mense blydskap gee.

Godsdiens wat ander mense trek en nie wegstoot.

Luister en hoor wat wil die Here vir jou leer vandag deur hierdie boodskap.

Daar is dus sekere goed wat jy moet doen, en ander wat God doen. Dan sal mense kan sien dit werk uit met die resultaat aan die einde.

Die godsdiens wat uitwerk:

1)    DIE GODSDIENS WAT WERK, IS WAAR MENSE SELF WERK

Nie n “let go and let God….” tipe van godsdiens nie

a)     Mense wat werk is gehoorsaam

Geen mens kan werk as hy ongehoorsaam is nie.

:12 “…soos julle altyd gehoorsaam gewees het”

1Samuel 15:22

Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE?Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.

Gaan kyk na mense wie se godsdiens uitwerk , en jy sien dit is mense wat God in alles gehoorsaam is.

Ons sing die lied “Waar Hy lei, daar sal ek meegaan…” en dan loop ons ons eie pad. So godsdiens sal nie werk nie.

b)    Mense wat werk, werk saam

Godsdiens wat werk, werk saam met ander waar hulle is

:12 “nie in my teenwoordigheid alleen nie…”

Paulus het n samewerking ondervind onder hulle terwyl hy by hulle was. Dit was lekker om saam te werk terwyl hy saam met hulle was en vir hulle gepreek het.

Daarom die beeld van die liggaam in Efesiers 4: Romeine 12 en 1 Kor.12-14

Die godsdiens wat werk, is waar mense saam werk met hulle gawes en talente en passie.

c)     Mense wat werk, werk ook alleen

Godsdiens wat uitwerk werk al gaan iemand weg en ek bly alleen agter.

:12 “…baie meer nou in my afwesigheid…”

Godsdiens wat werk, werk nie net as mense kyk en saam met my is by die kerk.

Wat is n mens se karakter? Dit wat jy doen as niemand jou sien nie.

d)    Mense wat werk, werk hulle eie heil uit

:12 “ werk julle eie heil uit met vrees en bewing.”

Dit beteken jy werk tot die werk voltooi is.

Dit is soos as jy stoei met n wiskunde som om die antwoord te kry. Hierdie term was ook gebruik in Paulus se tyd, om n myn te werk totdat alles moontlik ontgin is uit die myn. Elke mens het geweldige potensiaal wat ontgin kan word in hom as hy gehoorsaam is. Elkeen moet ontgin wat in homself is.

Hy praat nie met ongereddes hier om gered te word nie.

Alhoewel dieselfde prinsiep geld vir ongereddes om gered te word. God het dit in my gewerk en ek moes omdraai. Die potensiaal word ontgin as ek gered word.

Kyk na die baie belangrike woord “eie” Daar waar ek my eie potensiaal kan uit werk.

Godsdiens wat werk, is waar mense werk om dit te laat werk.

2)    GODSDIENS WAT UITWERK IS WAAR GOD IN MENSE WERK

God moet eers in my werk voor Hy deur my kan werk.

a)     Dit wat God werk in my :13

Dit is wat God in my werk wat maak dat my godsdiens uitwerk in my.

“want dit is God wat in julle werk….”

Kyk na al die groot Godsmanne soos Moses, Dawid… Almal unieke manne in wie God gewerk het. Elkeen spesiaal vir dit wat God verlang.

LUISTER MOOI!

God stel meer belang in die werker as in die werk.

Die regte werker sal die werk reg doen.

Die werk van God in my, en nie die druk van mense van buite my. Dan werk my godsdiens uit na buite.

b)    Dit wat God werk, word my wil

“..sowel as om te werk…”

So baie mense werk teen hulle wil en God se wil om mense te behaag, en dan werk dit nie uit nie as gevolg van druk van buite, ipv druk van binne, en dan wil hulle nie meer werk nie.

LUISTER!

Ek moet werk waar God besig is om te werk en gewerk wil he, en my opgewonde maak oor daardie werk, anders werk ek net n rukkie, en hou dan op

As daar niemand is wat betrokke wil raak by sending, jeug, kinders, barmhartigheid en ander nie, is dit goed. Behalwe as jy ongehoorsaam en selfsugtig en lui is en in sonde geval het.

c)     Dit wat God werk, is Sy welbehae

God kan mos nie n fout maak nie. Want Hy werk dit “..na sy welbehae.”

Dit is God se welbehae dat my Godsdiens werk, nie my eie of die van enige kerk nie.

Daarom het Hy drie stukke gereedskap gegee om te help date k werk na sy welbehae.

1.     Deur die Woord

1 Thess.2:13

Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.

2.     Deur gebed

Rom. 8:26,27

En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

3.     Deur verdrukking Hand.16:19-33

:24-26  Hy het toe, omdat hy so ‘n bevel ontvang het, hulle in die binneste gevangenis gewerp en hulle voete in die blok vasgemaak. En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister. En skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.

Deur die Woord, gebed en swaarkry werk God dit in ons tot sy welbehae, en dan werk my godsdiens uit.

3)    GODSDIENS WAT UITWERK, WERK UIT IN MENSE

a)     Dit werk uit as mense nie kla daaroor

Filippense 2:14

“Doen alles sonder murmurering en teëspraak,”

Die persoon in wie God dit nie gewerk het nie kla gou, en sy Godsdiens raak vir hom n las, nie n vreugde nie. Dit is om n slaaf van mense te wees. Daarom werk baie se godsdiens nie uit nie

b)    Dit werk uit as mense n voorbeeld vir ander is Filippense 2:15 sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,

As die wereld jou hoor kla oor die kerk en die werk van die kerk? Godsdiens wat uitwerk, sal uitwerk vir die wereld:

“onberispelik”

“opreg”

“kinders van God”

“sonder gebrek”

Hierdie godsdiens werk uit want “dit skyn soos ligte”

c)     Dit werk uit as mense staan op die beloftes

Beloftes van die Here…

“deurdat julle die woord van die lewe vashou…”

“nie verniet gearbei nie…”

4)    GODSDIENS WAT UITWERK BEWERK BLYDSKAP

a)     Dit bewerk blydskap gesamentlik en persoonlik

“verbly ek my”

“julle saam met my verbly”

Kyk hoe lyk dit as mense doen wat die Here behaag

b)    Dit bewerk blydskap hier op aarde en hierna

“my tot roem tot die dag van Christus”

SLOT

Godsdiens kan uitwerk in my lewe. As dit nie uitwerk in my lewe, word my lewe beheer deur dinge van buite.

As ek mense wil behaag, werk my godsdiens nie uit nie.

Daar is n paar dinge wat jy moet uitklaar vandag:

Werk jou godsdiens uit in jou lewe?

Waar werk dit uit?

Is jy gehoorsaam?

Doen jy wat die Here in jou werk?

Doen jy dit om mense te behaag, of die Here?

Verskaf dit blydskap aan jou as jy dit doen?

Kan die wereld dit sien dat dit uitwerk?

Godsdiens wat nie uitwerk, is nie die moeite werd!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00