SKRIFLESING Matt.8:16,17 en Jakobus 5: 16-18

SKRIF VAN OORDENKING (Mat 8:16, 17) En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak, sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.

TEMA JESUS DIE GENEESHEER

INLEIDING

Andrew Murray skryf: Die groot behoefte van die kerk in ons dae is om sy Heer in hul midde te hê. O, hoe baie vrugtelose prediking in die Kerk, kragtelose arbeid daarbuite, moedelose stryd teen sonde, vreugdelose godsdiens in die lewe, omdat die Here nie naby in hul teenwoordigheid geopenbaar word nie. Watter vreugde en krag en moed as die besef en die geloof kom in harte: God is in ons midde.”

Toe die Here Jesus op aarde gewandel het, was die wonder wat Hy eerste en die meeste gedoen het, die genesing van krankes. Dit was ’n bewys van Sy ontferming, Sy liefde en genade, Sy Goddelike opdrag (vgl. Jesaja 53), ’n bewys van harte wat oopgegaan en Hom aangeneem het as die ware Verlosser, die Messias, Die Saligmaker.

Jesus die Geneesheer van krankes.

Ons teks van oordenking is baie duidelik. “almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak”

Hoekom? “sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet”

Omdat Jesus ons krankhede (siektes) op Hom geneem het, daarom kan en wil Hy ons genees. Let daarop dat Jesus die krankhede op Hom geneem het. Dit was nie in Sy liggaam nie, want Hy was volmaak, sonder sonde en daarom was daar en sou daar nie krankhede in Hom wees nie. Iets wat dikwels misgelees word, Hy was sonder sonde, maar is sonde gemaak vir ons.

Die betekenis van “op Hom geneem” is; Hy het dit opgelig, (van ons af), gedra (op Sy liggaam) en weggeneem. Dit was en is die wil van God die Vader dat Jesus die krankes sal genees volgens Jesaja 53 en Jesus bid die volgende woorde in Joh. 17. “Die werk wat U My gegee het om te doen, het ek volbring.” Lees ook weer ons teks van oordenking. Glo U dit?

Die Kranke/Sieke se geloof verantwoordelikheid.

Laat u lei deur die Woord van God in hierdie saak. Die geloof kan op niks anders as die Lewende Woord van God gebou word nie. Moet nie op die woord van mense gaan nie, dit sal u weer laat struikel. God gee die opdrag in die Woord om om die handoplegging en voorbidding van gelowiges te soek. U vertroue/geloof moet egter nie op hulle rus nie, maar uitsluitlik op Gods Woord. Soek na die kennis van wat God self in Sy Woord tot u spreek. U het hier met die groot Ek Is te doen sê: “Want ek is die Here wat jou gesond maak.” Eks.15:26

Verstaan dat siekte ’n kastyding kan wees van sonde.

God gebruik siekte as ’n tugroede om die sonde te ontdek en ons tot Hom te trek.1 Kor.11:30-32. Op die belydenis en aflegging van die sonde kan die vergewing van sonde en die genesing van die siekte saam volg.

Andrew Murray skryf in sy boek “Divine Healing” die volgende: “In order to receive healing, it is necessary to begin by confession of sin and the purpose to live a holy life. Unbelief may attempt to separate these two gifts, but they are always united in Christ. He is always the same Savior both of the soul and of the body, equally ready to grant pardon and healing. The redeemed may always cry, “Bless the Lord, O my soul.., who forgiveth all thine iniquities, who healeth all thy diseases” (Psa_103:2-3).

Die aanloop of voorbereiding van Goddelike Genesing begin by sonde belydenis.

Wees verseker op grond van Gods Woord en belofte dat die wil van God is om u te genees.

Soek insig in wat die Woord belowe, daarin wat die Woord sê wat die werk en persoon van Jesus die Geneesheer is en van die nuwe lewe van die Heilige Gees vir die liggaam sowel as vir die siel en u sal die versekering kry dat die genesende krag van Jesus in u liggaam die gesondheid sal laat kom.

Neem in geloof die Here Jesus aan as u Geneesheer, gee u liggaam aan Hom oor en eien vir u die gesondheid toe.

Ook hier gebeur genesing net soos by wedergeboorte plaas deur geloof in Christus Jesus. Ook hier bely die kranke, ek het my sondes bely en afgelê; Jesus het my vergewe; Hy wat vergewe is ook Hy wat genees. In geloof sien ek dat my genesing aan my geskenk is i die hemel duer Jesus Christus.

DIE GELOOFSGEBED.

Hierdie betekenisvolle uitdrukking word net hier gevind in die Bybel m.b.t. genesing van siekte. Hier kom altyd twee aspekte na vore. Die geloof van die bidder, wat die hande oplê en die vraag “waar pas medisyne in?”

Die geloofsgebed verwys na die geloof van die bidder, wat glo dat Jesus genees. Wat glo dat die mag van genesing ook nou beskikbaar is soos gevind in Handelinge 4:30; 5:15, 16 en ook 1Kor.12:9.

Daar is ook baie getuienis dat God dikwels op die geloofsgebed sy seën gegee het op die gebruik van medisyne en dit as middel tot genesing kragtig gemaak het. Ons moet net nie meer ag gee op die middels as op God nie.

DIE SALWING IN DIE NAAM VAN DIE HERE

Olie is duidelikste sinnebeeld van die Heilige Gees. Ons lees van Jesus: God het Hom gesalf met die Heilige Gees en met krag.” En van die gelowiges “julle het die salwing van die Heilige”.

Die salwing van die krankes met olie in die naam van die Here is ’n baie kragtige getuienis dat dit deur die Heilige Gees is dat die genesing plaasvind.

DIE SONDE EN DIE SIEKTE

Die vergewing van sonde en die genesing van siekte word hier en ook ander gedeeltes in die Woord, nou met mekaar verbind.

Daarom dan ook dat Jakobus by die genesing op die geloofsgebed sê daar sal ook seker vergewing van sonde wees wat op die kranke gerus het; daarom gee hy bevel om by die gebed vir gesondheid ook die misdade te bely.

Ons weet hoe onmisbaar sonde belydenis by redding is; net so ook be genesing, as sonde nie bely word nie, sal die geloofsgebed verhinder word. Die geloofsgebed waar daar geen skeiding meer is tussen die Here en die kranke nie, sal die kranke genees.

GELOOF VAN DIE OMSTANDERS

KOLLEKTIEWE ONGELOOF vs KOLLEKTIEWE GELOOF

‘n Groep mense wat ongelowig is.

Weens die ongeloof van omstanders kon Jesus geen wonderwerke in Nasaret doen nie. Mark.6:5-6.

In Mark. 9:14-29 vind ons ‘n interessante gesprek tussen Jesus en die Vader van ‘n maansieke kind. Jesus was gereed en gewillig om die seun te genees, maar plaas die verantwoordelikheid van geloof op die vader.

Gebed sonder geloof is kragteloos. Ek moet onwrikbaar my geloof op Jesus plaas vir Genesing. Erken eerder jou ongeloof soos die vader van hierdie seun as om stil te bly en die werk van die Heilige Gees te belemmer. Vra die Here om jou ongeloof te hulp te kom.

WAT IS MY VERANTWOORDELIKHEID AS EK GENESING ONTVANG?

· As kranke kan ek God net verheerlik na die mate wat ek geleenthede skep om dank en eer aan God te bring.

Joh 9:3 Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.

· Iemand wat genesing ontvang het moet opnuut hom/haar geheel en al toewy aan die Here. (1Kor:6:13, 19).

· Die volhoubaarheid van genesing rus op die heiligheid van my lewe wat ek leef en die gehoorsaamheid om ten alle tye dit te soek en te doen wat God behaag. (Exod.15:26).

· Glo u vanoggend dat Jesus in ons midde is; Glo u dat Jesus krankes kan genees?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00