Jesus Christus is die… (Boodskap 1) deur Victor Muller

Skrifverwysing: Kolossense 1: 15 – 18.

Jesus Christus is die… (Boodskap 1)

Skrifverwysing: Kolossense 1: 15 – 18.

Die mens se unieke fasinasie met die bonatuurlike (o.a. ruimtewesens, spoke, ander dimensies en vlieënde voorwerpe ensovoorts) is niks nuut nie. In klein Asië het die Kolossense gemeente van die eerste eeu dit al beleef. Daar het glo, na bewering, ‘n snaakse leer ontstaan waarby mense fasineerd geraak het met bonatuurlike wesens en entiteite. Hierdie kettery het die goeie en gesonde leer aangaande Christus en wie Hy werklik is, begin beïnvloed.

Vandag, in ons 21ste eeu sameleweing, is mense dalk nie meer erg gemoeid met die bonatuurlike nie. Tog het die dwaalleer van hedendaagse selfaangestelde profete, mediums, kerkisme, die mens se selfgesentreerdheid en ander ‘onskuldige’ rituele ook die beeld van Christus in die 21ste eeu begin skaad.

Paulus moes alreeds in daardie tyd ingryp en dit is net so van toepassing op vandag. In sy denk patroon om mense te waarsku teen die aanbidding en obsessie van en met hierdie wensdenkery, het die apostel vir Jesus Christus weer, te herinnering, bo alles en almal kom stel, want “alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.” Jesus Christus is die

1) Beeld van die onsienlike God (Verw vers 15a) (sien ook Heb 1: 1 – 3 + Joh 14: 8 + 9)

a.       Die woord in die oorspronklike taal wat vertaal word met ‘beeld’, dra ook die gedagte van gelykheid, verteenwoordiging, manifestering of openbaring van ‘n persoon of persone oor. Wanneer ons na Christus kyk sien ons God. God drie – enig (Vader, Seun en Heilige Gees) se volheid is openbaar in die persoon van Jesus Christus wat as God die Seun mens geword en onder ons kom woon het. (Vers 19)

b.      Hieruit kan ons sien dat ons geen ander verteenwoordiging van enige aard (geeste, heiliges, profete en Moeder Maria) nodig het nie. Christus is die algenoegsame, ewig intredende, hoëpriesterlike amp, alfa en Omega vir ons. Alles wat ons van God moet weet en beleef is in die persoon van Christus geopenbaar.

2) Die eersgeborene van die hele skepping (Verw verse 15b – 17)

a.       Hierdie uitdrukking verwys na die feit dat Christus reeds voor alles bestaan het. Hy is die ‘eersgeborene’ in rang. ‘Eersgeborene’ beteken nie dat Christus die eerste geskape wese in die skepping is nie.

b.      Hier word eerder klem op die eersgeborene se reg geplaas. As die God aangestelde erfgenaam (Heb 1:2) van alle dinge, is Hy die omvatting, agent en doelwit van die hele skepping. Alle dinge hou in Hom in stand.

3) die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente (Verw vers 18)

a.       Christus se verhouding met Sy Kerk is baie persoonlik en intiem. Daar word nie gepraat van Hom as die Heer van die gemeente nie. Hy is die Hoof van die liggaam.

b.      Die kerk is ‘n lewendige liggaam en Christus se opstandingslewe besiel, voed en lei die kerk. Hy is die Wynstok en ons is die rank. (Joh 15). Christus is die opsommende omvang van alles (Gemeente en Skepping). Hy is eerste.

Vandag redeneer u dalk by uself… “Gelukkig glo ek nie in wolhaarstories nie. In die 21ste eeu is ons lankal tegnologies gevorderd, ons het al soveel meer lig en leef nie meer in dieselfde heidense duisternis as die gemeente van Kollosse nie. Daar is dalk geen snaakse leer waaraan u verklief is nie en geen menslike profeet, medium of heilige wat u gewete buite die grense van die Woord lei nie. U voel dalk op hierdie oomblik soos enige voldane Toyota handelaar en sê met ‘n glimlag…”Alles loop reg…altyd reg…”

Maar kom ons beweeg weg van die breër spektrum en stel die versier van hierdie boodskap op die hart van mense in en pas dit persoonlik toe. Wat van selfgesentreerdheid?

Mense se lewens is nogal in kompartemente ingedeel… boksies? Lêers? Hoe u nou ookal wil… Daar word immers baie kere gepraat van sosiale, sport, familie, werks lewe en dan daar iewers tussenin kry kerk/God/geloof hopenlik ook sy liaseer plekkie.

Dit behoort so te wees dat Christus elke fasset van ons lewe beheer. Ons redelike Godsdiens is dat Hy besluit waar ek werk, wie my vriende is, hoe ek teenoor my familie optree, wat ek studeer en waar ek gaan. Hy het die reg om 24 uur en sewe dae ‘n week my lewe te bestuur, want is alles in Hom, deur Hom en tot Hom. Sy Woord bevat ook die riglyne, waarvolgens ek as kind van God my lewe behoort te rig.

Emily Post was ‘n kenner op die gebied van etiket wat in die vorige eeu geleef het. Haar opinie het veel gesag gedra en sy het talle artikels en rubrieke die lig laat sien in van die voorste tydskrifte en koerante in die wêreld. Per geleentheid het iemand vir haar wysheid rondom ‘n sekere saak gevra.

Die persoon het ‘n uitnodiging van koningin Elizabeth ontvang vir ‘n ete afspraak, maar die datum en tyd het ongelukkig gebots met ‘n ander afspraak wat die persoon alreeds maande voor die tyd vasgemaak het. Hierdie persoon was onseker van die prosedure waarmee sy/hy te werk moet gaan om die koninklike huis te laat weet van die ander afspraak.

Post het terug geskryf: “Die uitnodiging om te gaan eet by Koningin Elizabeth is ‘n opdrag en dit kanselleer onmiddelik alle ander self belange.”

Christus se heerskappy in ons lewe behoort ook dieselfde uitwerking te hê.

Is it die getuienis van u lewe?       

Deur Victor Muller

Epos: vmul0702@gmail.com

Vir verdere tekspreke en inligting kyk gerus by:

0:00
0:00