Geskryf deur THEUNIS

  Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WIE HET DIE MEESTE SPEELGOED?

 

Die wêreld leer ons hierdie aspek:- Ons kannie genoeg van ’n goeie ding kry nie! Ons moet altyd genoeg besit, anders is ons gekul van dit wat ons behoort te besit.

 

Die spreuk is:- Dit is die liefde wat die wêreld laat tol!- Maar dit is die besittings en die goeie tye wat die spoed gee! Sou jy wil aanbly vir die goeie rit, is dit jy wat moet ywer met die wat die besittings jaag asook die genot. Om te sterf met die meeste speelgoed is mos al waaroor dit gaan in die wêreld – is dit nie?

 

Winans in sy boek: Malcolm Forbes: The Man Who Had Everything, vertel dat Forbes deur Egipte met ‘n motorfiets getoer het in 1984. Hulle het die graf van Koning Tut besoek en hier het Forbes lank stil gestaan en dink.

 

Met hulle aankoms by die hotel, het Forbes gevra aan sy mede reisgenote:- “Dink julle, dat indien ek sterf , ek ook onthou sal word?” Forbes word wel onthou, onthou as die man wat gesê het:- “ Hy wat met die meeste speelgoed sterf, wen.”  Forbes het motorfietse versamel, oor ’n miljoen dollar betaal vir ’n Fabrege eier, kastele gekoop, warmlugballonne, en ’n hele string ander speelgoed.

 

Jesus het ons woorde van wysheid gegee:- MATT. 16:26  “Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? “

 

 Dit is fataal om te verklaar: Hy wat die meeste speelgoed het,wen.

 

Om te sterf met die meeste speelgoed klink so goed op die oor en dit is ook haalbaar. Soos met die geval met Forbes, moet ons ook onthou, dat om te sterf met warmlugballonne, motorfietse en al die ander speelgoed, help ons niks as ons hierdie bewegende aarde verlaat nie.

 

Dit is meer voordelig om te sterf met goeie dade aan mense gedoen as al die speelgoed van die wêreld. Die speelgoed bly agter, die dade verrig gaan saam met jou.

 

WAARMEE IS JY BESIG?

 

GEBED.

 

My Vader, dit is so maklik om in die gejaag van die korporatiewe wêreld vasgevang te word en die ware fokus te verloor. Here, open my oë om weer raak te sien wat is belangrik vir die ewigheid? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00