Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
WELKOM TERUG!
’n Boer het ’n jaghond op sy plaas gehad wat hy baie lief voor was. Hierdie hond het eendag net verdwyn. Niemand het geweet waar die hond is nie. Almal het gesoek maar nooit kon hulle die hond vind nie.
Die boer het elke dag vir die hond vars kos en water neer gesit. Na talle kere dat hy dit gedoen het, het een van sy vriende gevra waarom hy dit doen, want dit is duidelik dat die hond nie weer terug sal kom nie. Die boer het geantwoord dat hy doen dit, sodat indien die hond op die plaas opdaag, hy sal weet dat hy welkom is en dat ek hier is.
Vandag wag ons vir die wederkoms van die Here Jesus Christus. Ons weet Hy het gegaan om vir ons plek voor te berei, maar ons weet nie wanneer Hy sal kom nie. Ons weet nie die uur of die dag dat Hy sal kom nie maar daar is sekerheid by ons dat Hy wel sal kom.
Soos ons op die wederkoms van Christus wag, so is ons besig om onsself voor te berei vir Sy koms. Ons gaan Christus ontmoet en sien soos wat Hy is.
Liewe vriend/in, is jy besig om voor te berei vir Sy koms? Dink net daaraan hoeveel voorbereiding gedoen word vir ’n troue? Dit is klere, kos, plek van bruilof, blomme, foto’s, ens., ens.
Ons moet waak dat ons nie so besig raak in die wêreld dat ons nie onsself voorberei vir Sy koms nie.
IS JY GEREED OM GOD VANDAG TE ONTMOET??
Baie sal sê :- NEE!!! Ek moet nog dit of dat doen! Ek moet nog met die en daai gaan versoen! Ek moet sekere sonde nog bely en laat staan!
Is dit nie die tyd om dit vandag te doen nie?
LUKAS. 18:8 maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?
MATT. 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
GEBED
Here, my oë is op die wolke, wagtend op U. AMEN