twee welgestelde Christene,
Twee welgestelde Christene, ‘n prokureur en ‘n handelaar, het by ‘n groep aangesluit wat om die wêreld sou reis. Voor hul vertrek het hul predikant hul opreg gevra om mooi te kyk en te onthou indien hulle enige besonderse of interessante dinge sou sien wanneer hulle in sendinggebiede sou kom waardeur hulle sou reis. Hulle het traak-my-nieagtig belowe om so te doen. Op ‘n dag in Korea het hulle in die veld langs die pad ‘n seun opgemerk besig om ‘n ruwe ou ploeg te trek terwyl ‘n ou man die ploeg probeer rigting gee het. Geammuseerd het die prokureur ‘n foto van dié ou man en seun geneem.“Dit is ‘n snaaksigheid! Hulle is seker baie arm,” het die prokureur aan die sendeling, wie hul toerleier en tolk was, gesê.“Ja,” was die antwoord. “Dit is die familie van Chi Noui. Toe ons die kerk hier gebou het was hulle ook gretig om iets by te dra maar hulle het geen geld gehad nie. Hulle het toe hul enigste os verkoop en die geld vir die kerk geskenk. Nou trek hulle maar self die ploeg.”Die prokureur en die handelaar was albei vir ‘n rukkie stil van verbasing. “Dit was waarlik ‘n opoffering,” het die handelaar gesê. “Dit was nie wat hulle gedink het nie,” was die sendeling se antwoord. “Hulle het gedink dat hulle gelukkig was om ‘n os te hê wat hulle kon verkoop.”
[Annoniem]