Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WEES ’N VISSERMAN!!

 

Daar was eendag ’n visserman wat goed voorberei was om vis te vang. Hy het presies geweet hoe om vis te vang. Hy het al die verskillende visstokke gehad, hoeke, sinkers , lyn , katrolle, die beste aas en ja, ook ’n baie mooi boot wat in ’n goeie toestand was.

 

Hierdie visserman het nooit, ja, nooit in sy hele lewe een vis gevang nie!

 

Hoe is dit moontlik? Hoekom het hy nooit eers een vis gevang nie? Wat sal jy dink is die antwoord?

 

Ja, hy het nooit na die water gegaan om vis te vang nie. Hy het nooit sy gereedskap geneem, in die boot geklim en die hawe verlaat om ’n vis te vang nie.

 

 Die Here Jesus gee ons dan ook die opdrag:- MATT. 4:19  “En Hy sê vir  

 

 hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

 

God verlang van ons om vissers van mense te wees vir twee redes:-  

 

1.     Hy roep ons om te gaan en

 

2.     Hy berei ons voor om te gaan.

 

Vriend/in is dit nie so dat ons week in en week uit in die kerk sit en voorberei word nie? Ons word die Woord geleer, ons word geleer hoe om met iemand te praat oor God, ons verkry die antwoorde op die vrae, ons het ons Bybel om selfstudie te doen, ons het die predikant wat ons kan gaan vra as ons vashaak en die kleingroepies waar ons ook kan gaan kersopsteek. Dan praat ek nie eers van die katkisasie-opleiding nie en nie eers van die gebedslewe nie.

 

Daar is seminare en opleidingsessies wat gevolg kan word, hetsy by die kerk of boeke of internet – het ons enige verskoning om nie te gaan visvang nie?

 

Jy het jou eie getuienis wat jy kan deel met die mense wat God vir jou gedoen het.

 

VANDAG gee God weer vir JOU die opdrag – gaan word ‘n visser van mense?

 

Sal jy Sy opdrag gehoorsaam? Sal jy gaan as Hy roep? Gebruik jou kennis en begin mense vir Christus “vang”! Kom nou,  laat staan die verskonings asb.?

 

GEBED

 

Here, hier is ek stuur my want ek sal gaan om ’n visser van mense te wees vir U! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00