Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WATTER STEM?

 

A. DIE HEILIGE GEES SE STEM.

 

1.     Die Heilige Gees is ‘n “Gentleman” en Hy maak jou bewus van sonde en die wil van God. Hand. 13:2

 

2.     Die Heilige Gees werk normaalweg deur rustige deurdagte besluitneming na voldoende gebed en vrootmoediging. Hand. 15:28

 

3.     Waar die wil van God bekend is vra die Heilige Gees: Doen die wil van God dadelik. Matt. 6:33

 

4.     Die Heilige Gees verlig t.o.v. die gevolge van sonde of verkeerde besluite.

 

5.     Die Heilige Gees werk hoop en blydskap waar berou oor sonde is. Hy verseker jou dat Jesus se bloed nooit ophou reinig waar berou is.   Ps. 51:14

 

6.     Die Heilige Gees herinner aan tekste uit die Bybel. Joh. 14:26

 

7.     Die Heilige Gees wil jou in kontak met mede-christene bring omdat almal saam die liggaam van Christus is en mekaar nodig het.   Hand. 2:44-46

 

8.     Die Heilige Gees wys jou op al die beloftes van God in die Bybel, sy getrouheid, liefde vir sondaars – al struikel ons dikwels. Hebr.11;11

 

9.     Die Heilige Gees oortuig dat gebed sake verander omdat God regeer en alles van Jesus ons voorspraak afhang. Fil.1:6 en Hebr.12:2

 

10.            Die Heilige Gees laat jou die verlede vergeet, dat sondes wat bely is deur God vergeet is, Hy beskerm teen valse skuldgevoelens en oorgevoeligheid.   Jer.43:25

 

B. DIE STEM VAN DIE SATAN

 

1.     Die Satan is ’n neulkous. Hy torring aan jou tot jy oortree. – Matt.4:1-10

 

2.     Die Satan druk om oorhaastig en ondeurdag te besluit sonder behoorlike gebed en verootmoediging. Jes. 28:16

 

3.     Die Satan beywer hom vir uitstel en vertragings. Lukas 9:61

 

4.     Die Satan verblind jou vir die gevol van verkeerde besluite en sonde.

 

     Spr. 6:28-33

 

5.     Die Satan werk wanhoop en depressie selfs waar berou oor sonde is. Hy oortuig dat die Here jou verwerp het, dat jy die sonde teen die Heilige Gees gepleeg het. Hy probeer jou moed breek.  MATT.27:3-5

 

6.     Die Satan maak jou van jou gevoel afhanklik. 1 JOH. 5:10

 

7.     Die Satan probeer jou afsluit en onttrek van ander gelowiges. Hy maak jou wys dat hulle nie van jou hou nie. Hy wil dat jy verbitter en eensaam wees. Hebr. 12:15

 

8.     Die Satan konsentreer op die negatiewe dinge in die Bybel.

 

9.     Die Satan oortuig jou dat alles van jouself en die noodlot afhang. Wat jou moet oorkom sal met jou gebeur.

 

10.            Die Satan herinner aan die verlede en laat jou altyd daaroor praat. Hy wek oorgevoeligheid en valse skuldgevoelens. Openb. 12:10

 

ROM. 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

 

GEBED

 

Here, verander my gemoed om U wil te doen en aan U stem gehoorsaam te wees. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00