Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
WATTER KERS BRAND?
Ons kry dit by talle huwelik seremonies waar daar , nadat die ringe ingesteek is en die beloftes aan mekaar, asook voor God, gedoen is, dat die bruidspaar dan elkeen ’n kers wat brand neem en dan een groot kers aan die brand steek as simbool dat hulle het nou een geword.
So was dit ook die oomblik, in ’n paartjie se huwelik seremonie, dat die twee hul kerse moes neem en die groot kers aan die brand steek. Hulle het dit gedoen en dan natuurlik daarna plaas hulle dan hul kerse weer terug in die houers en dan word die twee kerse dood geblaas met slegs die een groot kers wat brand. Die dood blaas van die kleiner kerse simboliseer dan dat hulle in hulself sterf en een met mekaar word. Hierdie paartjie het toe nie hulle kerse wat hulle gebruik het om die groot kers aan die brand te steek dood geblaas nie. Die bruid het na die bruidegom geloer en toe blaas sy slegs die bruidegom se kers dood en daar brand slegs haar kers en die groot kers. Die kerkgangers het uitgebars van die lag. Later het een van die gaste opgemerk: – “ Tydens die huwelik seremonie word twee mense een maar dit is eers by die “honeymoon” dat hulle bepaal watter een hulle geword het.”
Efes. 5:22 Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.
:23 Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.
:24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.
:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
My liewe vriend/in – Is jou huwelik gesond? Is julle nog lief vir mekaar? Is sy nog die tortelduif-ogie vir jou en hy jou boerbokkie? Is dit nie tyd om vandag weer na jul huwelik te kyk en te ondersoek of julle liefde, asook jul verliefdheid nog sterk brand nie? Dit kan so maklik gebeur dat julle aan mekaar gewoond raak! So maklik om by mekaar verby te lewe! Dit is dan dat die vyand op jul huwelik toesak en ‘n derde persoon oor jou pad stuur en jy dink dat jy ‘n fout gemaak het met jou lewensmaat! Hy / sy is die maat in die oë van God vir jou nadat julle getroud is!!
Sorteer jul liefde uit!
Meneer , gee weer aandag aan jou vrou – bederf haar met dit waarvan sy hou – blomme , sjokolade …, bemin haar weer soos toe jy die eerste keer in haar oë gekyk het. Hou haar hand vas en sien hoe sy op jou liefde gaan antwoord.
Gee haar liefde!!!
GEBED
Here, baie dankie vir my lewensmaat! Dankie dat ons in mekaar kan bou! Bewaar ons liefde vir mekaar en word U in ons huwelik verheerlik? AMEN