Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WAT OM TE DOEN AS DIE VYAND JOU AANVAL!

 

Graag net ’n paar gedagtes met julle deel vanuit Nehemia 4 wat vir ons leer hoe om op te tree indien die vyand jou aanval.

 

1.            Neh 4:4  Hoor, onse God,  – Bring alle sake na die Here. Openbaar die stryd aan God en maak jou hart teenoor Hom oop.

 

2.               Neh 4:6  Maar ons het die muur opgebou,  – Bly besig. Moenie nou in sak en as gaan sit en moedeloos en bokommerd raak nie. Moenie jouself oorgee aan die depressie nie. Hou aan om te werk , dit waarmee jy besig is.

 

     3.     Neh 4:9  Maar ons het tot onse God gebid en om hulle ontwil ‘n wag        

 

             teen hulle uitgesit, dag en nag.  – Dit is baie belangrik dat jy sal aanhou om  

 

             te bid. Moenie jou ore aan die duiwel uitgee en kwaad raak vir die Here

 

             omdat daar stryd in jou lewe is nie. Verder moet jy waak dat ander – nuwe

 

sake jou nie verder moedeloos maak nie.

 

4.        Neh 4:10  Maar Juda het gesê: Die krag van die lasdraers beswyk, en die

 

        puinhoop is groot, sodat ons nie aan die muur kan bou nie.  –  Verwyder alle 

 

        “gemors” uit jou lewe uit. Soos die Heilige Gees jou oortuig , bely en laat 

 

        staan en kry die dinge uit jou lewe uit.

 

5.       Neh 4:20  onse God sal vir ons stry.  – Behou altyd die perspektief dat God  

 

       het jou nie verlaat nie. Weet dat Hy ook in die stryd is waarin jy is, in die   

 

       sin dat Hy begeer dat jy soos goud en silwer aan die anderkant sal uit kom.  

 

       Weet Hy is daar vir jou al VOEL jy Hy is weg.

 

GEBED

 

Here, baie dankie dat U my bemoedig met hierdie boodskap. Dankie dat U my stryd ken en dat ek net my volle vertroue op U kan stel. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00