Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
WANGEBRUIK VAN BABALUIK VIR EIE GEWIN
Jikei Hospitaal installeer ʼn babaluik in Mei 2007. Ouers laat anoniem hulle babas daar as hulle voel hulle kan nie meer, as gevolg van armoede of ʼn ander rede, vir die baba sorg nie.
ʼn 49-jarige man misbruik die luik onwettig vir finansiële gewin. Hy is die oom en voog van ʼn kindjie wat hy by die luik laat. Hy eis die versekeringsvoordele en ander geld wat deur die seun se ma aan hom gelaat is. Terwyl hy deur die land swerf, dobbel en spandeer hy die geld.
ʼn Gewetenswroeging dwing hom om vroeg in Mei 2011 homself aan die polisie in die Aichi Prefektuur oor te gee.
“Ek het uitgevind van die babaluik en die kind daar gelos” sê hy. “Van toe af swerf ek rond en dobbel die versekeringsgeld uit op motorboot-resies in die hoop om meer geld te bekom.
“Ek het begin skuldig voel toe ek sien hoe die mense in die Tohoku-omgewing ly na die groot aardbewing wat Oos Japan getref het.” vertel hy aan die polisie.
Bron: Yomiuri Nuus 2011-08-10
Ons behoort berou te hê wanneer ons mense te na kom, maar ons behoort ook berou te hê voor God, om sy guns en genade te bekom vir verlossing.
Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê:
Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom
(Matt 4:17, OV).
Petrus, volgeling van Jesus, beklemtoon voortdurend die kernboodskap van die Koninkryk van God!
Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word
en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom
(Hand 3:19, OV).
Dit is van uiterse belang dat ʼn mens nie voete sleep wanneer dit kom by so ʼn belangrike boodskap van verlossing nie! UIT:- JAPANSENDING