Article Title

 

 

 

 

 

 

‘n Professor in teologie skryf oor Opstanding Sondag dat dit vir hom byna onmoontlik is om te preek oor lewe uit die dood omdat ons geen ondervinding het om uit te put nie.

Dit is waar maar ongelukkig ook heeltemaal onwaar.

Ons maak soos Maria in die tuin, ons wil Jesus na ons vlak afbring waar ons Hom kan verstaan, hom as’t ware vashou.

 

Die waarheid is dat ons God se Woord moet hoor, die Tuinier moet ons aanspreek, sy Woord gee die lewe uit die dood. Soos Jesus hier met Maria praat moet Hy met ons praat voordat ons dit kan verstaan..

 

Daarvan het ons genoeg “ondervinding” Die Bybel is vol getuienis daarvan dat God Lewe uit die dood bring deur sy spreke.

1.Na die val is Adam en Eva uit die tuin gesit en het vir die eerste keer vrees, selfverwyt, bitterheid en die dood leer ken. Miskien was hul grootste vrees dit; “Waar is God die tuinier heen. Die eensaamheid word deel van hul lewe.

Tog bring God lewe uit die dood met sy woord in Gen. 3:15. ..en Hy (Jesus) sal hom (Satan) die kop vermorsel.

2.Met die uittog uit Egipte word die bloed aan die deurkosyne die waarborg van die toekoms en bring lewe uit die dood. Die voorbeelde kan vermenigvuldig word, Abraham op Moria, ens.

 

Al hierdie beloftes het een waarheid in gemeen, dit sien telkens op die toekoms, dit moet nog kom. Die gelowige moet wag.

 

Tot op die dag wat Jesus aan Maria verskyn het in die Graftuin en sy Hom as tuinier aansien. God is in die Tuin en spreek self met haar, nie meer in die toekoms nie maar hier in die hede.

Hy verseker haar dat God teenwoordig is, om dit anders te stel die Goddelikke Tuinier is weer in die Tuin, by die mens.

 

Hy doen dit op ‘n wonderlike manier. Hy bind ons aan Homself. Sy boodskap aan Maria is: “Gaan na my broers en sê vir hulle….”

Broers en susters van die opgestane Here Jesus! Wat ‘n voorrreg.

Daardeur word ons deel genote aan alles wat Hy vir ons verkry het;

Die vergifnis van al ons sondes en reiniging, ook van ons vrees, selfverwyt, bitterheid en bo al ons eensaamheid.

Ons word deelgenote van die ewige lewe.

 

Hy bind ons ook aan God die Vader as Hy verder sê: “ek gaan na my Vader en hulle Vader, My God en hulle God.”

 

Hoe heerlik om te weet dat ons nooit weer geskei kan word van die Here God nie, nooit weer sonder Sy persoonlike spreke sal wees nie Lewe uit die dood. Deelgenote in Jesus Christus van sy goddelike genade en sy goddelike lewe wat Hy vir ons skenk.

Die Tuinier wat terug is in die Tuin, meer, in ons, soos Paulus dit stel Ek is in Christus en Christus is in my.

 

Die professor was verkeerd, dit is vir die kinders van die Here veel moeiliker om hulle in te dink oor hoe Adam en Eva moes gevoel het na hulle uitsetting uit Eden as om hulle in te dink in Lewe uit die dood.

Ja, omdat ons veel meer verstaan as wat hulle ooit kon verstaan, ons is meer as skepsels van God en toesighouers van sy tuin, in Jesus Christus het ons deel aan sy Goddelikke natuur. Hy is in ons en ons in Hom.

Lees asb. ook Opb. 21:5-7. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00