Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VREUGDE

 

Dit is omtrent ’n honderd jaar gelede in ’n Japanese vallei by die see waar ’n aardbewing plaasgevind het in die herfs. Hierdie mense was al so gewoond aan die aardbewings dat hulle na die eerste weer terug is na die werk in die vallei sonder om ag te gee op die gevolge.

 

’n Bejaarde plaasboer het op die berg gestaan en kyk na die see naby die vallei. Hy het gesien dat die see snaaks reageer, donker word en teen die wind terug trek. Die ou man het geweet wat dit beteken – tsunamie. Hy moes ten alle koste die mense in die vallei waarsku! Hy het dadelik sy kleinseun geroep en gevra vir ’n fakkel.

 

Agter hom in die veld het sy rysoes opgestapel gelê wat gereed was vir die mark. Dit was baie geld werd. Hy het dadelik met die fakkel na die stapel gehardloop en dit aan die brand gesteek. Gou het die klok van die tempel in die vallei gelui en die mense het almal gehardloop na die vuur om dit te blus. “Hy is mal!”, het hulle uitgeroep toe hulle die ou man sien staan by die vuur terwyl hy na hulle kyk wat aangehardloop kom asook die see.

 

Toe hulle die top van die die berg bereik, het die ou man hard geroep dat hulle na die see moet kyk. Op die horison was net ’n klein dun strepie wat dikker geword het soos wat hulle gekyk het.

 

Die lyn was die see wat groter gegroei het soos dit nader aan die strand gekom het, dan was daar die donderslag soos die water die strand tref, die huise in die vallei is vernietig en verwoes. Alles het weggespoel. Die water het weer met groot lawaai terug getrek en alles weer verwoes en weer verwoes en weer verwoes.

 

Die water het weer terug gekeer na normaal. Op die berg het niemand gepraat nie. Almal was verbaas! Dit is toe dat die ou man praat:- “Dit is waarom ek my rys aan die brand gesteek het.”  

 

Hy het daar saam met hulle gestaan, so arm soos die armste van hulle almal. Sy rykdom was weg – alles vir die 400 mense van die vallei. Die ou man sal lank onthou word vir sy offer , nie vir sy rykdom nie. Die ou man was nie verdrietig oor dit wat hy verloor het nie, maar vol vreugde vir wat hy kon red.

 

SPREUKE 10:28 “Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.”

 

GEBED

 

Vader, help my om siele te win vir U Koninkryk en U vreugde te ervaar. AMEN

 

  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00