Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VOLKOME VERTROUE IN GOD SE BELOFTES!

 

So baie is daagliks besig om te hardloop om by al die vergaderings en afsprake te kom. Soms voel dit vir jou jy hardloop teen die roltrappe op – om bo te kom moet jy meer rek en strek en vinniger hardloop.

 

God gee ons beloftes vanuit sy Woord wat ons elkeen kan neem en met volkome vertroue daarop kan staan:-

 

1.     God se teenwoordigheid – Hebr. 13:5  “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit  

 

     verlaat nie.”

 

2.     God se beskerming – GEN.15:1 “Ek is vir jou ‘n skild”

 

3.     God se krag – Jes. 41:10 “Ek versterk jou, ook help Ek jou, “

 

4.     God se voorsiening – Jes 41:10 “ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. “

 

5.     God se leiding – Joh.10:4 “En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. “

 

6.     God se doel – Jer 29:11 “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle

 

     koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle    

 

     ‘n hoopvolle toekoms te gee.

 

7.     God se rus – Matt. 11:28 “ Kom na My toe, almal wat vermoeid en

 

     belas is, en Ek sal julle rus gee.”

 

8.     God se reiniging – 1Joh.1:9 “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en

 

     regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid  

 

     te reinig.”

 

9.     God se goedheid Psalm 84:12 “ Want die HERE God is ‘n son en skild; die

 

     HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in

 

     opregtheid wandel nie. “

 

10.                        God se geloofwaardigheid – 1 SAM 12:22 “Want die HERE sal sy volk ter wille van sy grote Naam nie verwerp nie,”

 

11.                        God se plan – Rom. 8:28 “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten

 

     goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.”

 

12.                        God se begeleiding – Psalm 25:9 “ Hy sal die ootmoediges lei in die reg en

 

     die  ootmoediges sy weg leer. “                           Daaglikse brood 1 Jan. 1985

 

Een of meer van die beloftes het vir jou “uitgestaan”. Wil jy nie jou volle vertroue op God se beloftes vir jou stel nie? Maak dit joune!!

 

GEBED

 

My Vader, baie dankie dat U vir my U beloftes gee wat ek opnuut kan bedink en my eie maak. Gee dat ek dit sal onthou en sal uitleef? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00