Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VOLKOME AFGERIG!

 

Arabier perde gaan deur streng , straf , harde opleiding in die Midde Ooste se woestyne. Die afrigters verlang volkome gehoorsaamheid van die perde en hulle word getoets om te sien of is hulle volkome afgerig.

 

Die finale toets vir die perde is bykans verby die uithou vermoë van enige lewende wese op aarde. Die afrigters forseer die perde om vir ’n paar dae sonder water te wees.  Die perde word dan deur die afrigters los gelaat en natuurlik hardloop hulle dadelik vir die water. Wanneer hierdie perde by die kant kom om net in te gaan en water te drink, blaas die afrigter op sy fluitjie. Die perde wat dan volkome afgerig is, en volkome gehoorsaam is, sal stop. Hulle sal dan omdraai en na die afrigter toe gallop. Hulle sal daar staan en bewe na die behoefte om water te drink maar sal wag in volkome gehoorsaamheid.

 

Dit is eers wanneer die afrigter verseker is van die perde se volkome gehoorsaamheid en dat hulle volkome afgerig is, dat hy hulle die teken sal gee om te gaan water drink.

 

Ons wat vertel en getuig dat ons kinders van God is, moet volkome aan God gehoorsaam wees. Gehoorsaamheid vir God is baie meer belangrik as al die goeie werke wat jy doen asook al die offers wat jy gee vir Sy saak. God het behae in gehoorsaamheid.

 

God rig ons af om gehoorsaam te wees en dit is ten bate van onsself.  Verstaan dit, dat indien ons gehoorsaam is en dit volkome uitvoer, sal ons gemeenskap volkome met God wees.

 

Natuurlik hou God ons terug dat ons nie seerkry nie, dit bring plesier vir God en dit lei tot volkome vrede in ons lewens.

 

1 SAM. 15:22  Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.

 

1 PETRUS 1:22  As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart;

 

GEBED

 

Here, rig my af tot volkome gehoorsaamheid aan U? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00